Steenkamp-duo die konings van Vasbyt

Motorsport
Otis Finck
Otis Finck - Die pa-en-seun-kombinasie van Floris Steenkamp Senior (drywer) en Floris Steenkamp Junior (navigator) met hul indrukwekkende “Bobjaan” het as algehele wenspan ná tien veeleisende skofte van die Weskus 4x4 Vasbytklub se jaarlikse byeenkoms by Duin 7 uit die stryd getree.

Die Steenkamp-span het sewe van die tien besonder moeilike skofte suksesvol voltooi. Dit het hulle 520 punte vir die dag besorg, wat ook hul wentelling in die A-klas van die kompetisie was.

Nico Oberholzer Junior en Nico Oberholzer Senior met “Goggo” het tweede in die A-klas met 480 punte klaargemaak. Ben Lange en Francois Lotter in “Kadaffi” was derde met 460.

Die 25 deelnemers in die byeenkoms het twintig Namibiërs en vyf Suid-Afrikaners ingesluit. Die kompetisie was in vier klasse verdeel, met honderde toeskouers en Vasbyt-geesdriftiges wat die aksie gevolg het.

Die weer het mooi saamgespeel en die skare is bederf met verskeie vertonings wat die adrenalien opgejaag het.

Soos gebruiklik moes deelnemers met hul voertuie hul pad vind deur ses sandput-skofte, twee skofte teen steil duine uit, die put vol buitebande en ter afsluiting die modderput.

Chris Bruyns en Fran Scholtz met “Slakkie” het die algehele tweede posisie met Hanjo Horn en Mia Horn in “Black Betty” gedeel. Beide spanne het met 501 punte geëindig.

Rico Bothma en Dolf Bothma (“Farm Truck”) het in die derde posisie met 290 punte klaargemaak.

Chris Bruyns en Frank Scholtz was ook die B-klas se wenners, gevolg deur Jaco Oberholzer en Portra Dias in “JP” met 490, terwyl Morná Oosthuysen en Niels Gartner met “PW en Seuns se moer” se 430 punte hulle derde geplaas het.

Hanjo en Mia Horn met “Black Betty” was die wenners van die C-klas met 510 punte. Drie spanne het gelykop met 500 punte elk geëindig, naamlik Rico Bothma en Dolf Bothma (“FarmTruck”) en Nico Theron Junior en Herman Theron Junior (“Junior aka Poetsie”) asook Francois du Plessis en Liezle du Plessis (“Rafiki”).

In die valbyl is die twee Bothmas tweede geplaas omdat hulle in meer skofte die perfekte 50-tal behaal het, terwyl die twee Theron-manne met die derde posisie toegeken is.

Izak en Annelie Maritz met “Punisher” het die kategorie ingepalm wat vir Suid-Afrikaanse deelnemers opsy gesit is. Hier was Peet Schutte en Henlo Venter met “Boeta” tweede (430 punte), gevolg deur Johantjie van Wyk en Louis Jordaan met “Black Pearl” op 430 punte.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!