Stefan Ludik en mooie Anelle verloof
Estelle de Bruyn - “Dis die beste ding wat kon gebeur het!” jubel Susan Ludik, ma van die Namibiese hartebreker Stefan Ludik (met die verhoognaam Elvis se Seun).
Stefan het op Oujaarsaand, terwyl vuurwerk op Langstrand die nuwe jaar verwelkom het, op sy knie gestaan en vir Anelle Bester, wat die rol van Suna in die TV-sepie 7de Laan vertolk, die jawoord gevra.
Volgens Susan was Anelle uit die veld geslaan en het niks van die aard verwag nie.
“Dit was ‘n heerlike verrassing. Ek weet lankal van Stefan se planne, ek moes maar stilbly daaroor,” vertel Susan.
Sy en Stefan was kop in een mus oor die ring en die makery van die ring.
Vir meer as ‘n jaar het Susan by Anelle uitgevis oor watter soort verloofring sy eendag wou hê en oor die mates van die ring. Met dié inligting het ma en seun na ‘n plaaslike juwelier gegaan en verduidelik hoe die ring moes lyk.
Susan vertel alles het begin toe Anelle vir Stefan genooi het om haar na ‘n fliekpremière te vergesel. Stefan het op sy beurt vir Anelle genooi om saam met hom gym toe te gaan - en die koeël was deur die kerk.
“Ons hele gesin is gaande oor haar. Hugo (Stefan se jonger broer) sê Anelle is die oulikste meisie wat Stefan al ooit gehad het,” sê Susan.
Daar is nog nie ‘n aanduiding van wanneer die huweliksklokke vir die paartjie gaan lui nie, maar volgens Susan sal dit nie lank neem nie.
Stefan word in April 37 en Anelle is 33.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie