Steffi doen haar deel vir Rio 2016 span

Tielman van Lill
Steffi van Wyk, Mejuffrou Namibië van 2015 wat binnekort haar kroon aan ’n nuwe skoonheid gaan oorhandig, het verlede week ’n galadinee ten bate van die 2016 Paralimpiese span aangebied.
Die plaaslike entrepreneur en radiopersoonlikheid, Cho Psi Shoopara, was die seremoniemeester en is deur vermaaklikheidskunstenaars soos Lize Ehlers, Bradley (Falsetto King) Anthony, Christopher (The Grand), Nikhita Winkler en Clint Brink bygestaan.
Behalwe die atlete en hul bestuurspan wat by die geleentheid te siene was, het hooggeplaaste gaste uit die korporatiewe wêreld asook eregaste van die adjunkpresident se kantoor die funksie bygewoon.
Die swemmer Gideon Nasilowski en naelloper Ananias Shikongo het elkeen ’n kort, maar kragtige motiveringsboodskap gelewer en Namibië se rugbyreus Jacques Burger het ook via sosiale media sy spreekbeurt gebruik.
Reginald Benade, wie se bronsmedalje in skyfwerp by die 2008 Paralimpiese Spele in Beijing die land se eerste medaljesukses op dié vlak was, en die uitgetrede Olimpiese middelafstandatleet Agnes Samaria het ook insette gelewer.
Van Wyk was self ’n kranige atleet en benewens haar voorliefde vir sport spog sy ook met twee sportverwante grade. Haar toewyding en liefde vir sport het verlede jaar aan haar die sporttitel besorg, toe sy aan die 2015 Mejuffrou Wêreldkompetisie in China deelgeneem het.
Dr. Nickey Iyambo wat die gasspreker by die funksie was, het Van Wyk vir haar visie en onbaatsugtige diens geprys.
Die dinee was ’n reuse sukses en Nasilowski, die Amphibian Namibian, was een van dié wat tereg opgemerk dat die geleentheid ’n briljante idee was. Om die gestremde atlete te ondersteun en die publiek bewus te maak van die verskillende kategorieë en uitdagings wat deelnemers moet oorkom, is volgens Nasilowski presies wat gestremdes nodig het.
Om eerstehands na ’n gestremde sportpersoon te luister, gee altyd ’n besondere insig in hoeveel energie en beplanning dit verg om hul sport te kan beoefen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!