Steffi kry ’n ‘Binnelanders-dokter’
Clint Brink, ’n bekende Suid-Afrikaanse akteur, sanger en fiksheidsfiguur, wat ook die rol van dr. Steven Abrahams in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk, het die voormalige Mej. Namibië, Steffi van Wyk, om haar hand gevra. Channel 24 het gerapporteer dat Brink glo verlede Woensdag in Randburg tydens ’n private funksie eers vir haar gesing het, voor hy haar op die een knie gevra om met hom te trou. Sy het ja gesê. Intussen stroom gelukwensinge van vriende en familie op haar Facebook-blad in, waar sy ook ’n foto gedeel het waarop geskryf staan “Love lives here.” Foto Facebook
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie