• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff: 3 000 bladsye se forensiese verslag
Steinhoff: 3 000 bladsye se forensiese verslag
Steinhoff: 3 000 bladsye se forensiese verslag

Steinhoff: 3 000 bladsye se forensiese verslag

Volgende week sal terugvoering in die parlement gegee word oor die betrokke verslag.
Nellie Brand-Jonker – Die forensiese verslag wat Steinhoff van PwC ontvang het wat ongerymdhede met sy boeke moes ondersoek, beslaan 3 000 bladsye asook 125 lêers met aanhangsels.

Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff, het Maandagoggend ná die jaarvergadering van Pepkor, wat hy as direkteur bygewoon het, aan lede van die media te kenne gegee inligting oor die forensiese verslag behoort binnekort uitgereik te word.

Hy het gesê die forensiese ondersoek sal gebruik word om siviele eise teen sekere partye in te stel.

Einde Augustus is berig die forensiese ondersoek kos Steinhoff al meer as R200 miljoen.

Steinhoff het in sy kwartaalresultate gesê ’n litigasiekomitee is saamgestel. Hy het gesê die komitee oorweeg nie net die meriete van die talle eise wat teen Steinhoff ingestel is nie, maar ook teen watter partye eise ingestel moet word na aanleiding van die inligting in die forensiese verslag.

Volgens hom is daar reeds met “sekere regstappe” in siviele gedinge begin.

Die distrikshof van Amsterdam het reeds verlede jaar Steinhoff opdrag gegee om Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, by ’n groepsgeding in dié hof te betrek.

Du Preez het egter gesê eise gaan ook teen ander partye en ’n “korporatiewe entiteit” volg.

Du Preez vergader vandeesweek met die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA). Hy wou nie uitbrei waaroor dit gaan nie.

Die FSCA se hoof van ondersoeke, Brandon Topham, het verlede week aan die media gesê hulle vergader met Steinhoff oor die inhoud van die forensiese verslag.

Volgende week word terugvoering in die Parlement gegee oor die forensiese verslag. Dit is nie duidelik of hy bedoel daar gaan meer inligting bekendgemaak word nie.

Du Preez het gesê Steinhoff het reeds sake aanhangig en dit sal van die Valke afhang wanneer daar strafregtelike vervolging kom.

Volgens hom gee hulle egter hul samewerking aan alle reguleerders met die ondersoeke.

Pepkor se jaarvergadering het sonder enige vrae van beleggers verloop. Dit was die tweede jaarvergadering in die geskiedenis van die maatskappy wat in 2017 tot stand gekom het toe Steinhoff van sy Suid-Afrikaanse bates apart wou noteer.

Verlede jaar op die jaarvergadering was sy naam nog Steinhoff Africa Retail (Star).

Die rustige verloop van die vergadering was ook die teendeel van verlede jaar toe meer vrae gevra is.

Sedert die vorige jaarvergadering het Star nie net sy naam na Pepkor verander nie, maar ook ’n boete van die JSE gekry omdat hy met sy notering sekere inligting oor waarborge nie aan aandeelhouers openbaar het nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!