Steinhoff daal oor SA groepsgeding
Dit is sover bekend die eerste groepsgeding teen ’n genoteerde maatskappy in Suid-Afrika.
Nellie Brand-Jonker – Steinhoff se aandeelprys is byna 12% laer sedert die eerste groepgeding-eis Woensdag in Suid-Afrika teen die maatskappy en 40 respondente, insluitende Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, aanhangig gemaak is.
Sy aandeelprys het Woensdag op R2,34 gesluit. Dit het Vrydag (Donderdag was ’n vakansiedag in Suid-Afrika) met 5% gedaal en Maandag met amper 3%. Dit was Dinsdag net ná 14:00 meer as 4% laer teen R2,06.
Die eis kan na verwagting miljarde rande beloop.
Die aansoek is deur ’n konsortium van regsfirmas gebring, insluitende die bekende Duitse regsfirma TILP wat al groepsgedinge teen groot maatskappye soos BMW aanhangig gemaak het.
Die respondente is 42 partye, insluitende voormalige en huidige direkteure van Steinhoff in Nederland en Suid-Afrika.
Dit sluit maatskappye in wat betrokke was by die opstel van die prospektus toe Steinhoff in Nederland geïnkorporeer is en einde 2015 op die Frankfurtse aandeelbeurs genoteer het. Dit sluit Deloitte Suid-Afrika in.
Dit is sover bekend die eerste groepsgeding teen ’n genoteerde maatskappy in Suid-Afrika.
Steinhoff se markwaarde het met amper R200 miljard geval nadat daar vroeg in Desember aangekondig is Jooste het as uitvoerende hoof bedank en dat die maatskappy nie sy jaarresultate kan uitreik nie weens rekeningkundige ongerymdhede.
Steinhoff se aandeelprys was begin Junie so laag as R1,07 en het in ’n stadium aan die begin van Julie weer tot bo R3 gestyg namate die hoop toegeneem het dat die maatskappy sukses kan behaal met die herstrukturering van sy enorme skuldlas.
Twee groepsgedinge is reeds oorsee teen Steinhoff begin – een in Nederland en een in Duitsland. Boonop is ’n groot eis van R59 miljard deur maatskappye van Christo Wiese, voormalige voorsitter en grootste aandeelhouer, teen Steinhoff gebring.
Die vorige eienaars van Tekkie Town het ook eise teen Steinhoff gebring en die bekende Stellenbosse bankier GT Ferreira het ’n eis aanhangig gemaak oor die geld wat hy in die maatskappy verloor het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie