• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff eis Markus Jooste se salaris terug
Steinhoff eis Markus Jooste se salaris terug
Steinhoff eis Markus Jooste se salaris terug

Steinhoff eis Markus Jooste se salaris terug

Hanlie Stadler – Steinhoff het Woensdag hofstukke ingedien waarin die maatskappy R870 miljoen van Markus Jooste eis, berig die Financial Mail.

Daarby word R272 miljoen van Ben la Grange geëis.

Jooste is Steinhoff se voormalige uitvoerende hoof en La Grange die voormalige finansiële hoof.

Die Financial Mail berig die geld is vir salarisse en bonusse wat Jooste vanaf 2009-’15 verdien het en wat La Grange van 2015-’18 verdien het.

Regskoste en rente op die geld word ook geëis.

Die dagvaardings, wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is, is glo reeds op Jooste en La Grange bestel.

Die maatskappy het verlede week in sy jaarverslag vir die 2018-boekjaar daarop gesinspeel dat hy geld gaan terugeis. Die maatskappy het gesê sowel die huidige bestuursdireksie as die toesighoudende direksie bly daartoe verbind om die reg om vergoeding terug te vorder, te gebruik, “waar toepaslik”.

Hy het ook aangekondig dat hy PwC versoek het om met “fase twee” van ’n forensiese ondersoek te begin. Dié deel van die ondersoek sal gaan oor “sekere vraagstukke wat geïdentifiseer is . . . wat nie wesentlik is vir die maatskappy se finansiële state nie, maar wat om ander redes belangrik kan wees en daarom verdere ondersoek, gevolgtrekkings en resolusie vereis.”

Steinhoff se aandeelprys het in Desember 2017 gesink toe die maatskappy aangekondig het dat Deloitte, sy eksterne ouditeur, boekhou-ongerymdhede ontdek het. Vroeër vanjaar het Louis du Preez in die parlement agt mense se name bekend gemaak wat volgens PwC se forensiese ondersoek by bedenklike transaksies betrokke was. Jooste en La Grange was onder hulle.

Volgens die Financial Mail lig die hofstukke transaksies met Campion/Fulcrum, Talgarth en TG uit. In Steinhoff se 2017-resultate is R234 miljard se bates afgeskryf, die meeste van hulle weens transaksies met dié groepe.

Steinhoff kon in sy 2018-jaarverslag nie die versekering gee dat die maatskappy op lang termyn as ’n lopende saak sal kan voortbestaan nie. Deloitte wou vir die tweede jaar in ’n ry nie ’n ouditmening uitspreek nie.

Steinhoff het nog nie op navrae oor die hofsaak gereageer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A