• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff-filiale weer (vir nou) bankrotskap af
Steinhoff-filiale weer (vir nou) bankrotskap af
Steinhoff-filiale weer (vir nou) bankrotskap af

Steinhoff-filiale weer (vir nou) bankrotskap af

Die maatskappy het groot skuldverpligtinge wat eers opgelos moes word voordat die herstrukturering van die groep se skuld kan voortgaan.
Nellie Brand-Jonker - Twee van Steinhoff se belangrike finansieringsmaatskappye het vir nou bankrotskap onder Oostenrykse wetgewing afgeweer.

Dit blyk uit ’n verklaring wat Steinhoff gister vroegoggend uitgereik het dat hy vir nou tot einde Junie belangrike skuldeisers se ondersteuning gekry het om nie stappe teen hom te doen onder dié land se wette om hom bankrot te verklaar nie.

Die aankondiging toon ook op hoe ’n naaldpunt die onderhandelinge waarskynlik die afgelope weke was en in die komende weke gaan wees.

Steinhoff sê hy het briewe van ondersteuning van die skuldeisers gekry van twee van sy filiale – Steinhoff Europe AG (wat as SEAG afgekort word) en Steinhoff Finance Holding (waarna as Holding in die berig verwys word).

Die maatskappy het in Mei tydens ’n aanbieding glo aangedui hy praat met skuldeisers in Londen oor maatstawwe wat nodig is om die risiko van ’n bankrotskap onder Oostenrykse wette af te weer.

Die gevaar dat hulle onder Oostenrykse wetgewing nie as ’n lopende saak gereken gaan word nie, hou met hul hoë skuldlas verband en die reëls wat op direkteure van sulke maatskappye onder die wetgewing opgelê word.

Die maatskappye is in die verlede gebruik om finansiering vir die groep se Europese en Amerikaanse ondernemings in te samel.

Dit is hoekom hulle groot skuldverpligtinge het wat eers opgelos moes word voordat die herstrukturering van die groep se skuld kan voortgaan.

Steinhoff het formele briewe van ondersteuning van SEAG en Holding se skuldeisers gekry. Die bepalings van die briewe het gister in werking getree.

In die ondersteuningsbriewe benadruk die skuldeisers hulle ondersteun die groep se poging “om oor ’n herstruktureringsplan te besluit en in werking te stel’’.

Die raamwerk vir die herstrukturering is op 18 Mei in die aanbieding aan leners verskaf.

Die krediteure het ook ingestem om SEAG en Holding tot 30 Junie met ’n aantal “tussentydse maatstawwe te ondersteun”.

Die maatstawwe is bedoel om SEAG en Holding se finansiële posisie te stabiliseer in die komende weke sodat die groep en sy skuldeisers genoeg tyd het om met die bepalings van die herstruktureringsplan te vorder.

Die maatstawwe sluit in:

1. ’n Verbintenis tot ’n skuldstilstand.

2. Om nie met stappe te begin om SEAG en Holding insolvent te verklaar nie.

3. Om sowat €89 miljoen en €65 miljoen onderskeidelik van hul rente wat vandeesmaand betaal moes word, onder hul kontrakte ondergeskik te stel sodat ander skuldeisers eers betaal word. Dit is ’n poging om ’n insolvensieproses deur ander skuldeisers af te weer.

SEAG en Holding het in ruil vir die ondersteuning ingestem om aan verskeie bepalinge onderhewig te wees in die komende weke tot einde Junie soos om nie addisionele skuld aan te gaan nie. Die verpligtinge van die partye kan beëindig word as SEAG en Holding deel van ’n insolvensieproses word.

Die skuldeisers wat hul ondersteuning gegee het gaan vergoed word. ’n Deel van die vergoeding is op 7 Junie, 11 Junie en 15 Junie betaalbaar.

“Die groep is dankbaar vir die voortgesette ondersteuning van sy krediteure en ander belangegroepe en onderhandel steeds oor die herstrukturering van die groep se skuldlas,” sê Steinhoff. Steinhoff maan egter daar is geen versekering dat ’n herstruktureringsplan gemaak sal word nie. of dat SEAG en Holding ’n bankrotskap in die komende weke sal kan afweer nie. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!