Steinhoff: Hoof- geldman bedank
Steinhoff: Hoof- geldman bedank

Steinhoff: Hoof- geldman bedank

Steinhoff se finansiële hoof, Ben la Grange, het bedank.

Volgens Steinhoff wil La Grange, wat die aankondiging Donderdag gedoen het, fokus op “die bewaring en verkryging van likiditeit binne die groep”.

Hy sal luidens 'n Sens-verklaring deur Steinhoff ook aandag gee aan die finalisering van die groep se gekonsolideerde finansiële state vir 2017.

Die meubelhandelgroep het intussen Philip Dieperink as waarnemende finansiële hoof aangestel.

Steinhoff sê in sy verklaring dat hy ook beplan om 'n spesialis in die herstrukturering van skuld sowel as 'n hoof van herstrukturering aan te stel.

Die proses om moontlike kandidate vir die pos te identifiseer, is reeds aan die gang.

Steinhoff het verlede week gesê hy sal sy syfers vir 2015 en moontlik selfs vroeër moet hersien. Die onderneming het ook gewaarsku oor moontlike veranderinge aan sy 2016- finansiële state.

Steinhoff besit meer as 40 multinasionale kleinhandel-handelsmerke soos Ackermans, Pep, Conforama, Mattress Firm en Poundland. Die maat­skappy is besig om vir oorlewing te veg ná die skielike bedanking van Markus Jooste, sy uitvoerende hoof, en skoknuus oor “rekeningkundige onreëlmatighede” ter waarde van sowat €2 miljard (bykans R30 miljard).

Die maatskappy het tot dusver sowat US$400 miljoen (sowat R4,9 miljard) uit die verkoop van 'n gedeelte van sy belang in die PSG-groep gemaak. Sy filiaal Steinhoff Africa Retail skuld die maatskappy 'n verdere US$1,2 miljard (amper R15 miljard).

Christo Wiese het in Desember as voorsitter van Steinhoff se direksie bedank.– Netwerk24/Reuters, bygewerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!