Steinhoff: Valke wil klag van regsverydeling bring
Parlementariërs het ná die Valke se voorlegging baie vrae en kritiek gehad oor die situasie en Steinhoff is daarvan beskuldig dat hy die ondersoek probeer belemmer.
Nellie Brand-Jonker – Die Valke het Woensdag gesê hulle sal saam met die nasionale vervolgingsgesag ’n klag van regsverydeling teen Steinhoff oorweeg weens die probleme wat ervaar word om die forensiese verslag oor die ongerymdhede met die maatskappy se boeke te kry.
Die Valke het Woensdag terugvoer aan vier staande komitees van die parlement gegee oor die vordering met hul ondersoek sedert Steinhoff se ineenstorting einde 2017.
Genl.maj. Alfred Khana, hoof van die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad, het gesê hulle het slegs toegang tot die forensies verslag oor die ongerymdhede met Steinhoff se boeke gekry en dit is nie soos beloof aan hulle oorhandig nie.
Khana het ook gesê hulle wag steeds op Steinhoff om ’n behoorlike klag in te dien wat presies uiteensit wat fout gegaan het.
Parlementariërs het ná die Valke se voorlegging baie vrae en kritiek gehad oor die situasie en Steinhoff is daarvan beskuldig dat hy die ondersoek probeer belemmer.
Bottelnekke
Heather Sonn, voorsitter van Steinhoff, het bevestig die Valke het “toegang” gekry tot die verslag, maar dis nie aan hulle oorhandig nie.
Sy het ontken dat daar nie ’n volledige verklaring by die Valke is nie.
“Daar is ’n konsep-verklaring by die Valke op hul versoek.”
Sonn het gesê dit is baie teleurstellend dat die hele sitting draai om die vraag oor hoekom Steinhoff nie saamwerk nie.
Volgens haar word die verslag vertroulik gehou om die maatskappy en sy aandeelhouers te beskerm.
“Ons het probleme om die regsprivilegie van die verslag te beskerm in belang van die belangegroepe van die maatskappy. Ons moet seker maak as daar ’n strafregtelike saak kom dat dit sy gang gaan en dat ons nie deur onbeheerde onverantwoordelike siviele aksie meer dokumente beskikbaar maak wat dan deur die verdediging gebruik kan word nie.”
Volgens haar probeer hulle die maatskappy aan die gang hou in belang van die aandeelhouers.
“Ons het aanvanklik kommer gehad oor hoe ons die privilegie gaan beskerm. Maar nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) betrokke geraak het, het ons werklik samewerking gehad. Ons het ’n vergadering gehad waar hulle terugvoer gegee het en gesê het hulle kry die inligting wat hulle nodig het. Ons het gedog hulle is tevrede voordat ons hierheen gekom het. Ons het gedink tussen die Valke en die NVG was die toegang wat hulle gekry het bevredigend.”
Sy het die staande komitees versoek om weer soos met die vorige parlement te versoek dat almal elke Vrydag terugvoer gee oor die vordering. “Want ek dink dit is die enigste manier hoe ons presies gaan uitvind wat die bottelnekke is.”
Dit klink verdag
Ander wetstoepassers wat terugvoer gegee het, insluitende die Gedragsowerheid oor Finansiële Dienste (FSCA), die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) en die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC), het vertel hulle het ook toegang tot die verslag, maar het nie ’n afskrif daarvan nie.
Joe Maswanganyi, voormalige minister van vervoer en voorsitter van Skoor, het later uit die notules van die vorige sittings van die staande komitees oor Steinhoff voorgelees en gesê die maatskappy het hom verbind daartoe om al die relevante inligting aan wetstoepassers te verskaf. “Wat is nou hierdie kwessie van nie die verslag oorhandig nie?”
Hy het gesê dit is klink of Steinhoff die ondersoek wil beheer. “Dit klink nie reg nie en dis hoekom almal in beroering is en hoe meer ons daaroor praat, hoe meer verdag begin dit klink.”
Louis du Preez, uitvoerende hoof, het gesê daar is geen voordeel vir Steinhoff om nie met die Valke saam te werk nie.
Volgens hom hou die vertroulikheid daarmee verband dat dit die groep beskerm teen regsgedinge van buite en help met regsgedinge wat die maatskappy wil bring om geld terug te vorder.
“Ons het twee opsies, ons moet die groep red of likwideer. As die maatskappy gelikwideer word, is daar geen geld vir enigiemand nie.”
Hy het gesê die groep se wins is nie genoeg om die skuld te diens nie, want die skuld is te duur. Die skuld kan nie aangepak word voordat die regsgedinge teen die groep getakel word nie.
Net 'kykie' gekry
Adv. George Baloyi, die NVG se waarnemende hoof van Gauteng, het gesê die vervolgingspan het op twee kere toegang tot die verslag gekry. “Hulle het ’n kykie in die verslag gehad.”
Hy het dit as ’n “rekeningkundige gedrewe verslag” en as ’n ouditverslag beskryf. “Dit is nie ’n forensiese verslag wat daarop gerig is om misdade te onthul en vir die strafregproses nie.”
Volgens hom het hulle daarna “sienings geformuleer oor watter formaat” ’n forensiese verslag moet wees wat hulle nou gaan saamstel. “Ons sal weer daarna kyk en dan die mandaat vir die forensiese verslag finaliseer.”
Adv. Marshall Mokgatle van die NVG het gesê daar is ’n span van aanklaers wat leiding gee aan die Valke met die ondersoek. Die Valke, sowel as die aanklaers, het toegang tot PwC in hul kantore in Midrand gehad.
“Nadat die verslag gelees is, het dit duidelik geword dat die forensiese verslag oor rekenkundige ongerymdhede gaan en dis dit.
“Dit beteken dit sal die aanklaers geen doel dien vorentoe nie. Dit sal die polisie help met aanwysers om verder te ondersoek.”
Enig in sy soort
Volgens hom is daar sedert Maart 2019 agt vergaderings tussen die NVG en die Valke gehou om die saakbeplanning te doen.
“Komplekse sake van hierdie aard neem ’n baie lang tyd.
“Die saak is enig in sy soort. Ek het al 20 jaar vir die NVG gewerk. Ons het nog nooit ’n saak van dié omvang gehad oor soveel jurisdiksies nie.”
Hy het gesê die span wat aangestel is om die saak te lei, is die beste wat hulle het.
“Die ondersoek duur voort, maar ek kan verstaan hoekom al die lede dink daar is ’n vertraging. Dit is ’n komplekse saak, dit is nie maklik nie.”
Khana het gesê die Valke soek ’n volledige eedsverklaring van Steinhoff wat punt vir punt uiteensit wat ondersoek
moet word en waarvoor die dokumentasie verskaf word.
Nie tandeloos
“Hoekom moet ons ’n konsep-verklaring hê? Die vraag is of ons tandeloos is. Nee, ons is nie. Maar moet jy jou eie klaer deur ’n dagvaarding dwing om na die hof te kom om inligting te gee?”
Volgens hom het Steinhoff se prokureursfirma te kenne gegee dat as die Valke aansoek doen om die verslag te kry, hulle dit gaan teenstaan.
“Self al gee hulle ’n verklaring, kan hulle nie hierdie bladsy en daardie bladsy gee nie. Dit moet saam met die hele verslag kom.”
Khana het gesê die Valke het twee maniere om die dokumente te kry – die een is deur artikel 205 van die Strafproseswet en met ’n lasbrief vir deursoeking.
Hy het in reaksie op wat een parlementslid gesê het, gesê hulle sal nou met die NVG die moontlikheid bespreek om ’n klag van regsverydeling teen Steinhoff te bring. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie