Steinhoff verkoop straks sy PSG-belang
Steinhoff verkoop straks sy PSG-belang

Steinhoff verkoop straks sy PSG-belang

Francois Williams - Steinhoff sal waarskynlik sy belang in die beleggingsgroep PSG verkoop, het Jannie Mouton, voorsitter van PSG, aan Bloomberg gesê.

Steinhoff besit sowat ’n kwart van PSG en dié belang is sowat R14 miljard werd.

Piet Mouton, uitvoerende hoof van PSG, wou nie vroeër die week kommentaar oor die Steinhoff-sage lewer nie.

Albei maatskappye se kantore is in Stellenbosch, en dit is duidelik PSG wil hom distansieer van enige van die negatiwiteit waarmee Steinhoff tans gekontamineer is.

Volgens ’n betroubare bron was Steinhoff en PSG wel al in gesprekke betrokke oor wat met Steinhoff se belang in PSG moet gebeur.

PSG val in die kategorie van Steinhoff se niekernbates. Volgens PSG hou Steinhoff tans ’n 25,5%-belang in PSG. PSG se aandeelprys het al met 21% geval van sy maandhoogtepunt van R297 op 4 Desember ná Steinhoff se aankondiging verlede week dat Markus Jooste as hoof bedank het, dat onreëlmatigheid in sy boekhouding ondersoek word en dat die uitreik van sy resultate uitgestel is. – Netwerk24/Bloomberg

Steinhoff het verlede week gesê hy sal niekernbates begin verkoop om sy skuld te delg.

PSG het vroeër moeite gedoen om via die JSE se Sens-nuusdiens beleggers in te lig dat Steinhoff geen bedryfs- of beleggingsbeheer oor PSG het nie en dat hulle geen verwante transaksies of gesamentlike ondernemings het nie. “PSG se bedrywighede en sy beleggingsportefeulje word dus op geen manier deur die gebeure by Steinhoff geraak nie.”

Die groep het ook gesê PSG se direksie is teleurgesteld oor wat by Steinhoff gebeur het.

Volgens Bloomberg se bronne het Steinhoff begin steun kry van sekere van sy belangrikste leners terwyl hy meer tyd probeer kry om meer as €1 miljard se skuld terug te betaal.

Minstens drie van die grootste banke het aangedui hulle sal die lenings wat oor drie weke betaalbaar is, verleng, het anonieme bronne aan Bloomberg gesê.

Die verlenging van die lenings sal op 19 Desember bespreek word.

Van die banke wat leningsgeriewe aan Steinhoff bied, sluit in Bank of America, BNP Paribas, Citigroup, HSBC, China Construction Bank en Credit Agricole. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!