Steinhoff wil alle eise saamgooi
Nellie Brand-Jonker - Steinhoff het 'n hofaansoek in die hooggeregshof in Kaapstad gebring om al die eise teen die maatskappy saam te gooi sodat dit saam aangehoor word.
Die aansoek om die eise te konsolideer is verlede week gebring.
Ten minste twee partye het aan Netwerk24 gesê dié aansoek gaan teengestaan word.
“Ons glo dit is 'n vertragingstaktiek,” sê Riaan Meintjes van Hayes Ing., wat die trustees van die Le Toit Trust in 'n eis van R740 miljoen verteenwoordig.
“Dit gaan langer neem om by 'n verhoor uit te kom as dit saam aangehoor word, want dit moet dan gelyk gereed wees om aangehoor te word.”
Hy het dit as 'n lywige aansoek beskryf.
Steinhoff voer glo in die aansoek aan dit gaan meer kostedoeltreffend wees en dit maak sin vir die hof omdat al die feite na bewering soortgelyk is.
Die ander party wou nie aangehaal word nie omdat hul teenstand nog nie amptelik is nie.
Sover bekend is daar sowat 30 respondente in die aansoek.
Die grootste eis teen Steinhoff – altesame amper R60 miljard – is van Christo Wiese, voormalige voorsitter en grootste aandeelhouer van Steinhoff.
Die tweede grootste eis is sover bekend van Lancaster 101, Steinhoff se jare lange bemagtigingsvennoot, wat R12 miljard eis.
Ander respondente sluit in die voormalige eienaars van Tekkie Town, wat hul onderneming aan Steinhoff verkoop het, asook die sakeman GT Ferreira en personeel van Pepkor. Laasgenoemde is 'n eis wat 'n beleggingsvoertuig waarin hulle aandele hou, teen Steinhoff gebring het.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie