• Tuisblad
  • Sake
  • Steinhoff wil Pepkor apart noteer – in Europa
Steinhoff wil Pepkor apart noteer u2013 in Europa
Steinhoff wil Pepkor apart noteer u2013 in Europa

Steinhoff wil Pepkor apart noteer – in Europa

Die skandaal-bevlekte Steinhoff-groep wil Pepkor Europe, sy vinnigs groeiende kleinhandelaar oorsee, apart noteer.

Bronne vertroud met dié kwessie het gesê die aanbod van aandele aan die publiek en notering is om geld in te samel vir die volgende fase van sy herstelplan.

Die notering word met potensiële adviseurs bespreek.

Pepkor Europe besit Pepco en Dealz asook Poundland in Brittanje.

Die bronne, wat nie geïdentifiseer wou word nie, omdat dit private inligting is, het gesê die transaksie behoort volgende jaar plaas te vind.

Steinhoff se aandeelprys het in ’n stadium sowat 7% in Frankfurt gestyg Woensdag waar die maatskappy sy hoofnotering het.

Pepkor Europe se inkomste het in die ses maande tot Maart met 13% tot €1,73 miljard gestyg, het Steinhoff getoon in resultate wat verlede maand uitgereik is.

Pepco besit sowat 1 600 winkels, hoofsaaklik in Oos-Europese lande soos Pole en Roemenië.

Die eenheid het ook nog 875 winkels onder die handelsname van Poundland, Dealz en Pep&Co.

Steinhoff het sowat ’n jaar gelede beleggers se belangstelling begin toets om ’n belang in sekere ondernemings te kry soos Pepkor Europe.

Volgens mense bekend met die kwessie het Pepkor van Suid-Afrika in daardie stadium belang gestel. – Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!