Steinhoff wil sy volle belang in KAP verkoop
Hanlie Stadler
Steinhoff gaan sy belang in KAP probeer verkoop onder meer om sy skuld te kan betaal nadat 'n herstruktureringsplan met krediteure ooreengekom is.
Steinhoff besit onregstreeks nagenoeg 694 miljoen aandele oftewel 26% van KAP, 'n gediversifiseerde vervaardiger van onder meer sponsmatrasse en beddens (Restonic), motoronderdele en plastiek (Safripol). KAP het ook 'n logistiek-arm (Unitrans).
Steinhoff sê in 'n Sens-verklaring hy gaan die aandele net aan institusionele beleggers verkoop en ook slegs as hy 'n “aanvaarbare” prys daarvoor kry.
Die groep het ook bykans 'n jaar gelede 450 miljoen KAP-aandele verkoop.
KAP het Dinsdag op R7,56 gesluit, wat die aandele nagenoeg R5,3 miljard werd maak.
Die stap beteken dat Steinhoff glad nie meer 'n belang in KAP sal besit nie. Steinhoff-direkteure wat op KAP se direksie dien, sal bedank. Dit sluit in Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff, en Theo de Klerk, bedryfshoof.
Die aandele sal nie aan lede van die publiek verkoop word nie.
Die boekhou het Dinsdag geopen en sal “so gou as moontlik” voltooi word.
Steinhoff se skuldkrisis het ontstaan nadat die maatskappy in Desember 2017 aangekondig het dat hy nie sy jaarsyfers kan uitreik nie omdat sy ouditeure, Deloitte, boekhoukundige onreëlmatighede ontdek het.
Voorverlede week is 'n verklaring uitgereik oor die 14 maande lange forensiese ondersoek wat PwC gedoen het.
Daaruit, en uit 'n voorlegging deur Du Preez enkele dae later in die parlement, blyk dat fiktiewe transaksies so lank gelede as 2009 gepleeg is. Die PwC-verslag identifiseer Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, Ben le Grange, voormalige finansiële hoof, en nog ses mense as die hoofverdagtes.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie