Stel vrede eerste
Stel vrede eerste

Stel vrede eerste

Dani Booysen
Hernude dreigemente van geweld deur ‘n groepie van sowat 30 wegbrekers uit die range van voormalige veterane van die destydse Suid-Wes Afrikaanse Gebiedsmag en Koevoet moet verwerp en teengestaan word.

Selfs met marginale steun sien niemand hoe die groepie werklik “oorlog” kan maak nie. Uitsprake dat bloed sal vloei, is in stryd met die beginsels van versoening waarop onafhanklikheid geskoei was, asook Namibië se verbintenis tot, en bewese beeld van vrede en stabiliteit.

Vrede mag nie in gedrang kom nie.

Dit is goed dat die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die onrusstokers opnuut goed die koppe gewas het. Hy het hulle onder meer aangeraai om hul tot die land se onafhanklike regbank te wend.

Opswepery benadeel alleen die gegriefde oudsoldate se saak; ‘n kwessie wat hul tevore reeds met pres. Hage Geingob bespreek het. Daar moet amptelike terugvoering op hierdie ontmoeting wees, maar pensioene en ander voordele gelyk aan dié vir vryheidsvegters is basies dagdromery.

Die skaal van betaling en bystand aan PLAN-veterane bly polemies, maar was die gevolg van ‘n jarelange stryd met Swapo.

Oproepe tot geweld doen ook regmatige simpatie vir sulke oudsoldate se omstandighede skade. In beginsel moet die land alle burgers se lewenskwaliteit verbeter – insluitende oudsoldate. Waar gepas, kan daar spesiale bystand wees om burgers te help om hul potensiaal te ontsluit, byvoorbeeld deur traumaberading.

Nuwe soustreine gaan nie die land baat nie.

So sê ander

10 Januarie 2018

Monuments to White Supremacy

The legendary Memphis newspaper editor Ida B. Wells was targeted for assassination — and driven into exile — for exposing the lies that were routinely used to justify hanging, dismembering and burning alive African-Americans in the Jim Crow South.

Wells’s beloved city of Memphis set its sights on Tennessee’s native son, the Civil War general and Ku Klux Klan founder Nathan Bedford Forrest. A monument of Forrest astride his horse towered over a public park in the city for more than a century until shortly before Christmas, when the city overcame state opposition to finally dismantle it.

Tennessee lawmakers can no longer plausibly deny the white supremacist origins of the Confederate monument movement. It would be a mistake for legislators to react to the eviction of Forrest from Memphis by further curtailing the rights of municipalities that want to be rid of Confederate memorials.

• EDITORIAL OBSERVER, THE NEW YORK TIMES

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!