Stellenbosch
Ek verlang na Stellenbosch.
Daar waar my hoopvolle studentevoetjies by Victoriastraat kon afloop. Dieselfde paadjie wat ook die diep voetspore van Elsa Joubert en D.J. Opperman geken het. Dieselfde groen reuse wat vandag nog toekyk op Marlene van Niekerk en Willem Anker.
Daar waar my medewynliefhebbers skuil en die wingerde treurig en langsaam lê; waar vriende gesellig om markietafels saamdrom en Tafelberg oor die verte loer.
Prentjiemooi. Die tipe skoonheid wat nét N.P. van Wyk Louw kan vasvang. “Die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug, tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rookvaal bos en laan".
Stellenbosch.
Waar strate snags ontwaak en die dorp se smal paadjies met gelag weergalm. In Bohemia, waar die pers mure met laatnag dronkpraatjies begin saamsmelt.
Die Meraki-koffie wat vriendinne se gehuil en geskinder kon aanstook. Die saamdring voor Neelsie se grootskerm om te kyk “vir die rugbyspelers wat soos gestreepte haaie rondduik en na mekaar se boudvleise hap”.
Die daggarokers by die Rooiplein se gras. Die inge-‘nerds’ haastig op pad na klas.
Die boekwinkel op die hoek in dorpstraat. Die drafroete naby Jonkershoek. Die tennisbane agter Sonop. Die Laan. Java. Danie Craven. Eikestad-mall.
Liefdesontmoetings by die Botaniese tuine – tussen bloeisels en bonsai.
Die wintermotreën wat soggens saggies op die berge kom rus. Nes Opperman begerig betuig: “Die Pieke skuil in mis of wit kapok bo lensie-, ertjie-, spek-en-boontjiesop wat damp teen vensters en wit gewelmure.”
Stellenbosch.
Daar waar dit altyd lente is vir die rowwe jacks van Huis Marais en die Dagbreek-hartebrekers. Tussen Huis Visser se anker verf en bekfluitjie skree, is herinneringe gegrond in die geheue van die moedelose werkersklas wat terugverlang na die sorgelose dae van sakgeld en klasdraf.
Die verlange na middernag McFlurries, vasdans by Opskop, huisdanse en spontane daguitstappies na die Strand, die Paarl, Kaapstad en Somerset-Wes.
Die drafstap tussen bedrywige studente op beknopte sypaadjies op ’n weeksdag in Merriman. Slim gesprekke met proffies en 20 minute middagslapies.
Die verlange na makliker dae en ’n kommervrye bestaan.
Alhoewel die gevormde lyfies nou reeds uitgesak het en die blink drome nou dof in die verlede bly lê, is daar egter afgeknaagde deeltjies wat in ons binneste kon vassteek.
Dinge dieper as die herinneringe, vriendskappe en verlange.
Ek verlange na die plek wat my hart kon vul, my drome kon koester, my menswees vervolmaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie