Stem in die wind deur Dina Botha
Alexandra Bonheur se kommervrye lewe aan die Kaap word bedreig deur die koms van die markies Edouard de Villebois en sy pleegkind, Antonio.
Sy vind dadelik aanklank by die sewentienjarige Antonio. Hulle raak goed bevriend, maar dit dra nie die markies se goedkeuring weg nie. Die markies se houding staan haar nie aan nie en keer op keer verontagsaam sy die waarskuwing om van Antonio af weg te bly. Dit skep heelwat konflik tussen haar en die markies.
Om sake te vererger, sien ’n ou Maleier-blommeverkoper en -waarsêer ’n visioen in Alexandra se hand: ’n Vrou met lang swart hare sê Alexandra moet haar ander helfte soek en dat sy die stem in die wind moet toelaat om haar te lei . . .
Intussen dui die aantreklike markies aan dat hy self in Alexandra belangstel, maar dit sluit nie ’n huwelik in nie. Hy maak haar ’n aanbod om sy minnares te word, wat sy summier verwerp. Dan herken hy die borsspeld wat sy op haar agtiende verjaardag dra . . .
Dina Botha is die koningin van die moderne roman. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende skrywers se boeke verslind en gehoop om eendag self ’n skrywer te word. Ná skool het sy egter haar droom om joernalis te word, gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het dié keer die moed gehad om haar droom doelgerig na te jaag. Sy het in 2014 haar werk bedank en skryf nou voltyds.
Dina het al 48 romans en drie Kaapse romans sedert 2006 geskryf. In 2013 is haar Romanza-boek, Boks vol soentjies, met ’n ATKV-Woordveertjie vir romans bekroon. Sy is feitlike elke week op Nielsen se Top 100-lyste.
Stem in die wind (ISBN: 9780799378450) is deur Lapa Uitgewers vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie