Stem teen ons, dan draai ons geldkraan toe
Stem teen ons, dan draai ons geldkraan toe

Stem teen ons, dan draai ons geldkraan toe

In ’n brief aan die lidlande van die VN, waarsku Nikki Haley, Amerika se ambassadeur by die VN, dat Trump terugvoering by haar soek oor die lande wat teen Amerika stem.
Amerika se president Donald Trump het Woensdag gedreig om geldelike hulp aan lande te onttrek wat die Verenigde Nasies steun oor die Jerusalem-kwessie. Die VN wil hê die VSA moet sy besluit hersien om Jerusalem as hoofstad van Israel te erken.

“Hulle aanvaar miljoene selfs miljarde dollar en dan stem hulle teen ons. Wel ons gaan daardie stemme dophou. Laat hulle teen ons stem. Ons sal baie (geld) spaar. Ons is nie gepla nie.” Die VN se 193 lidlande van die algemene vergadering hou Donderdag ’n seldsame noodsitting. Die versoek vir die sitting is gerig deur Arabiese en Moslem-lande om te stem oor ’n konsepresolusie wat die VSA Maandag in die VN se veiligheidsraad geveto het. Die ander 14 lidlande van die veiligheidsraad het ten gunste van die resolusie gestem wat deur Egipte opgestel is. Die resolusie noem nie die VSA by die naam nie, maar verklaar “diepe spyte oor onlangse besluite oor die status van Jerusalem”.

Nikki Haley, Amerika se ambassadeur by die VN, het Dinsdag in ’n brief aan dosyne lidlande van die VN gewaarsku dat Trump haar gevra het om “terugvoering te gee oor dié lande wat teen ons stem”.

In ’n twiet daarna het sy dit botweg gestel: “Amerika sal name afneem”.

Verskeie senior diplomate sê Haley se waarskuwing sal nie ’n groot verskil maak aan die algemene vergadering nie waar sulke openlike dreigemente seldsaam is.

’n Diplomaat van ’n Moslem-land het op voorwaarde van anonimiteit gesê Haley se brief is ’n toonbeeld van die boelietaktiek van lande wat weet hulle het nie die morele of regsgronde om ander te oortuig nie.

“Die eerste naam wat sy (Haley) moet neerskryf is dié van Bolivië,” sê Sacha Sergio Llorentty Solíz. “Ons betreur die arrogansie en minagting van die soewereine besluit van lidlande en van multilateralisme.”

Trump het vroeër vandeesmaand ’n skielike einde gebring aan dekades se Amerikaanse beleid toe hy Jerusalem as hoofstad erken het. Dit het die gemoedere laat opvlam onder Palestynse en Arabiese burgers en kommer gewek onder Washington se Westerse bondgenote.- Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!