Stem van Namibië môreaand gekroon

Yandi Du Plessis
Vanjaar se soektog na die land se beste sangstem kom môreaand tot 'n einde wanneer die wenner van die vierde seisoen van die Voice of Namibia-sangkompetisie aangekondig word.

Die top-11-finaliste sal op die verhoog by die Windhoek Buiteklub om dié titel meeding.

Die nuwe “stem van Namibië” sou oorspronk­lik op 19 Junie gekroon word, maar die finale ronde moes weens die derde golf van Covid-19 en die gepaardgaande veiligheidsmaatreëls uitgestel word.

Die top-11 – in geen spesifieke volgorde nie – is:

• Lin-Mari Coetzee

• Joani Claassen

• Karla van der Merwe

• Jermain de Voss

• Keenan Carelse

• Zoey Shehama

• Carla van Kent

• Bernadine Goliath

• Andeline Wieland

• Jessica Strydom

• John-Raymond Cupido

JP Kotzé is as die “wild card”-deelnemer gekies en het dus ook as die 13de deelnemer na die finale ronde deurgedring.

'n Paneel wat uit ses beoordelaars bestaan, sal die finale besluit neem. Almal is kenners in die Namibiese musiek- en kunsbedryf.

Die paneel bestaan uit hoofbeoordelaar en musikant Savannah Collins, saam met die wenners van die afgelope drie jaar, Heiko Doedens, Nadia Hanssen en Claudine Nelson.

Theodore Cooksen, die voormalige dirigent van die Muscato-jeugkoor, en Lomine Vermeulen, die direkteur van die Namibiese kampioenskap vir uitvoerende kunste, sal ook hul ervaring deel.

Dié kompetisie gee aan opkomende sangers die geleentheid om hul vokale vermoëns ten toon te stel.

Kaartjies vir dié geleentheid is ongelukkig reeds uitverkoop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!