Stem vir Christine
Stem asseblief gratis vir Christine Mboma by www.bbc.com/sport/africa/59089895. Stemme sluit op 19 Desember om middernag.
Tielman van Lill
Die kortlys vir die British Broadcasting (BBC) se Afrika-sportpersoonlikheid vir 2021 is gister op sy webtuiste aangekondig.
Namibië se goue atletiekmeisie, Christine Mboma, is saam met Edouard Mendy van Senegal (sokker), Eliud Kipchoge en Faith Kipyegon (beide van Kenia vir atletiek), Ntando Mahlangu asook Tatjana Schoenmaker gekies wat onderskeidelik in para-atletiek en swem vir Suid-Afrika uitgeblink het.
'n Paneel van joernaliste van Afrika en Brittanje het die ses aanspraakmakers gekies. Die kortlys is saamgestel op grond van die beste internasionale sportprestasies tussen Januarie en September 2021 deur ‘n Afrikaan. Die impak van die atlete se prestasies buite hul spesifieke sport is ook in ag geneem.
Mboma se strafste teenstand kan moontlik van Afrika se sokkermal ondersteuners in Senegal kom wat blindelings vir Edouard Mendy, die doelwagter van Chelsea, sal stem. Maar met Namibië se suidelike-buurman met Mahlangu en Schoenmaker in die wedloop, sal Namibiërs die Suid-Afrianers ore met die stemmery moet aansit.
MBOMA (18)
"Die beste wedloop van my lewe." Dit is hoe Christine Mboma haar vertoning by die Olimpiese Spele in Tokio, Japan, beskryf het toe sy die eerste Namibiese vrou geword het wat ooit op 'n Olimpiese podium gestaan het.
Die tiener het haar land se eerste medalje in 25 jaar gewen en ‘n silwermedalje in die 200 meter-finaal opgeëis toe sy tweede ná Elaine Thompson-Herah, Jamaika se vyfmalige Olimpiese kampioen, geëindig het.
Mboma se tyd van 21,81 sekondes was toe die vinnigste tyd in die geskiedenis wat ooit deur 'n vrou onder die ouderdom van 20 jaar behaal is. Sy het later vanjaar egter met 21,78 vir ‘n rits nuwe rekords gesorg. Dié rekord moet nog deur Wêreldatletiek erken word.
Sy het in September die Diamantliga-kampioen in Zürich, Duitsland, in die 200 m geword. Haar tyd van 21,78 is opnuut 'n o.20-wêreldrekord, 'n nuwe junior en senior Afrika- asook junior en senior Namibiese rekord.
Die 18-jarige Mboma het eers vroeër vanjaar in die 200m begin spesialiseer nadat sy weens haar natuurlike hoë testosteroonvlakke deur Wêreldatletiek verbied is om aan die 400 m deel te neem.
Mboma se jeugdigheid en feit dat sy skaars ‘n maand voor die Olimpiese Spele aan die 200 m begin deelneem het, behoort sterk in haar guns te stel. Die Mboma-rator het etlike internasionale, kontinentale asook nasionale rekords verbeter en sal aanstaande seisoen opnuut die stophorlosies laat kraak.
MENDY (29)
Edouard Mendy het by Stamford Bridge beïndruk sedert hy in September 2020 by Chelsea geteken het. Hy was instrumenteel in Chelsea se Kampioeneliga-sukses in Mei vanjaar.
In sy debuutseisoen vir Chelsea spog hy met nege wedstryde waar hy nie ‘n doel afgestaan het nie. Hy het geskiedenis gemaak toe hy die eerste Afrika-doelwagter ná Bruce Grobbelaar geword het om in die Kampioene-ligafinaal te speel. Grobbelaar het in 1985 vir Liverpool tydens die Europese-beker diens gedoen. Dit was die voorloper vir die huidige Kampioene-liga.
Mendy se 19 skoon wedstryde verlede seisoen in beide die Kampioene-liga en Premierliga het aan hom die 2020-’21 Uefa-doelwagtertrofee besorg.
Stemme is gratis en sluit om midderdag op 19 Desember en die wenner word op 7 Januarie 2022 op Focus On Africa-televisie en -radio en op die BBC Sport-webwerf aangekondig. Bygewerk van bbc.com - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie