Stembriewe terug
Stembriewe terug

Stembriewe terug

Maart se tussenverkiesings sal met behulp van stembriewe plaasvind.
Die komende streekraad-tussenverkiesings op Otjiwarongo, asook die Opuwo- landelike kiesafdeling se tussenverkiesings sal op 9 Maart met die hulp van stembriewe plaasvind.

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het dié aankondiging Vrydag na afloop van ’n vergadering met verskeie politieke partye gemaak.

Volgens die ECN se hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, is die vergadering belê weens die hooggeregshof se besluit op 5 Februarie om die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) sónder ’n papierspoor te verwerp.

Verteenwoordigers van verskeie politieke partye moes derhalwe oor die kiesproses vir die komende tussenverkiesings vergader, sê Mujoro.

“Deelnemers aan die vergadering het eenparig op die gebruik van stembriewe gedurende die genoemde tussenverkiesings ooreengekom, waarvoor die kieswet voorsiening maak,” sê hy.

Dertien politieke partye het die vergadering volgens die ECN bygewoon.

“Die ECN wil die Namibiese nasie hiermee inlig dat belanghebbers in Maart en April oor verskeie opsies met betrekking tot die komende verkiesings gekonsulteer sal word.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!