Stemdag se suur oorskadu soet
Dani Booysen
Ernstige stokke in die land se verkiesingsmasjienerie het 'n algemene verkiesing waarna meer as 1,3 miljoen stemgeregtigdes met groot afwagting uitgesien het, vir derduisende in 'n dag van frustrasie omskep.
Dít ondanks alle beloftes Dinsdag deur die Verkiesingskommissie (ECN) dat alles so seepglad as moontlik sal verloop.
Laat gister tydens 'n nuuskonferensie het die waghond se uitvoerende hoof, mnr. Theo Mujoro, die omvang van probleme baie geringer geskat as wat deur Namibia Media Holdings (NMH) se eie joernaliste, elders in die media en deur ons volgelinge en lesers gerapporteer is. Daar is wel toegegee dat talle probleme tot 10:00 ervaar is, wat 'n verkwisting van drie ure van die stemdag beteken.
Volgens Mujoro was daar vanjaar 'n “merkwaardige toename” in die tempo waarteen mense gestem het.
Gerugte uit binnekringe was dat die ECN die verkiesings tot vandag wou verleng. Omdat dit vooraf in die Staatskoerant gepubliseer moet word, was so 'n stap volgens Catherine Sasman, een van ons joernaliste by die ECN-hoofkwartier, egter onmoontlik.
Die ECN het belowe alle kiesers wat nog teen 21:00 gister gewag het om te stem, sal gehelp word – soos die wet voorskryf – maak nie saak hoe lank dit sou duur nie.
Mujoro het erken plaaslike en internasionale waarnemers is selfs by sommige stempunte weggewys, asook joernaliste. Eersgenoemde, “ongelukkige” situasie is volgens hom dadelik reggestel.
'n Onbekende aantal stempunte het later as 07:00 geopen. Mujoro het egter aangevoer 97% van alle stempunte (meer as 4 100 uit 4 241) was betyds uit die blokke.
Vertragings was volgens Mujoro, veral in Khomasstreek, die gevolg van onbedrewenheid met die toetsing van elektroniese stemmasjiene (EVM's) voor die tyd.
Hy het gesê ook masjiene wat nie stemkaarte kon lees nie, was teen 10:00 meestal weer funksioneel. Ure se bykomende wag is veroorsaak weens die gevolglike nagaan van data op 'n elektroniese of uitgedrukte kiesersrol.
Sekere mobiele spanne het ure laat by van hul besoekpunte opgedaag.
Volgens Mujoro is net “enkele” van die spanne se vertrek deur die nagaan van materiaal vertraag, vernaam in die Khomas- en Oshanastreek. Daar was ook net “effense” vertragings met die verspreiding van nie-gereguleerde kiesmateriaal.
Waar kiesvorms te min was of verkeerd gebruik is en daarom opgeraak het, is dit volgens Mujora dadelik aangevul.
Lang toue by mobiele stempunte buite Windhoek was volgens Mujoro die gevolg van “onbehoorlike druk” deur kiesers wat eintlik elders kon stem. Ekstra spanne is volgens hom gestuur om te help – ook na veral stedelike gebiede waar daar laat gister steeds baie lang rye was. Hy het in die konteks na vernaam die Khomas-, Omusati-, Ohangwena- en Oshanastreek verwys.
Beweringe oor EVM's wat gewanfunksioneer het, geval en gebreek het en ander sulke probleme in Erongo, ||Kharas en Oshana is volgens Mujoro pure fopnuus en waninligting.
Alle tegniese probleme sal volgens die ECN behoorlik ondersoek word en verslae is uit die streke aangevra. Mujoro het verseker die ECN is in “volledige beheer” van die stemproses.
Mujoro het ontken sekere probleme is deur beamptes se gebrekkige opleiding en/of ervaring veroorsaak.
Sien ook vandag se leserskommentaar in Praat Saam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie