Stemme getel, maar steeds geen wenner
Honduras
Honduras het Maandag uiteindelik die lank vertraagde stemtellery voltooi van die presidentsverkiesing wat meer as 'n week gelede gehou is.
Geen wenner is egter aangekondig nie.
Die dienende pres. Juan Orlando Hernandez sal moet wag om te hoor of hy die pyp gerook het, terwyl soldate probeer om die vrede te bewaar met onluste wat in die nadraai van die verkiesing uitgebreek het.
Die klein Sentraal-Amerikaanse land met 10 miljoen mense ly gereeld onder chroniese geweldpleging en bende-aktiwiteite. 'n Aandklokreël is ingestel om betogings aan bande te lê.
Laat Maandag het sommige lede van die polisie geweier om die aandklokreël af te dwing. Hulle eis 'n salarisverhoging en hul Kersbonusse.
Hernandez se linksgesinde teenstander, Salvador Nasralla, beweer dat bedrog in die 26 November-verkiesing gepleeg is.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie