Stemmery op plekke stadig uit die blokke
Stemmery op plekke stadig uit die blokke

Stemmery op plekke stadig uit die blokke

Ronelle Rademeyer
Namibië se eerste burger, pres. Hage Geingob, en die presidentsvrou me. Monica Geingos was van die eerste kiesers wat hul stemme in die 2019 presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesing uitgebring het.
Hulle het by die Mandume Primêre Skool in die Katutura-Oos-kieafdeling gestem.
Uit terugvoering deur Namibia Media Holdings se span joernaliste wat landwyd ontplooi is om oor die verkiesing verslag te doen, blyk dit stemlokale het op talle plekke nie om 07:00 geopen nie.
By Suiderhof Laerskool in Windhoek was daar vir die mense in die langer wordende ry teen 08:00 nog geen aanduiding wanneer hulle sal kan begin stem nie.
In Cimbebasia was dit dieselfde storie. By die Susanne Grau Ouetehuis in Windhoek was die mobiele stempunt teen 08:00 ook nie nog oop nie.
By die polisiekantoor in Wanaheda het polisiebeamptes eerste kans gekry om te stem en moes inwoners van die gebied maar geduldig hul beurt afwag.
Op Okahandja was daar teen kort voor agtuur nog geen aanduiding dat mense by die Adreas Kukuri-sentrum kan begin stem nie. Soortgelyke frustrasie is ook op Otjiwarongo beleef.
Intussen het die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Neitunga, aan Nampa gesê hy is geskok oor die groot getal weermanglede wat vir die verkiesings ontplooi is.
Hy sê die polisie is nie daaroor ingelig nie.
Volgens Ndeitunga is dié paranoia onnodig. Die enigste bedreiging waarvan die polisie bewus is, is dít op in die sosiale media gemaak word, het hy gesê.

Foto: Namibian Presidency

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!