Stemvee van talle soorte
Stemvee van talle soorte

Stemvee van talle soorte

Dani Booysen
'n Kort verkiesingsaanloop beteken Namibiërs kan in die komende weke baie politieke bokspronge en dwarsklappe verwag.

Stemgeregtigdes moet opgevoed wees om 'n pronksprong van die “benoude” variant te onderskei.

Daar is baie soorte “stemvee” – aangekarweide oogklapkiesers.

Voor 'n klein groepie kongreslede het mnr. Henk Mudge Vrydag as president van die Republikeinse Party (RP) elke sterfte weens jare se oorlog aan Swapo en oudpres. Sam Nujoma toegeskryf. 'n Mens wonder tot watter kiesers so 'n verdraaiende veralgemening sal spreek. Een wat die waardes waarop die republiek gegrond is direk weerspreek.

Ook wonder ons hoe die jare 70 en 80 se politiek, gebore uit die 60'ers, vandag as verkiesingsplatform ingespan kan word. So 'n denkwyse is beslis nie progressief nie – en kan met veel erger etikette beskryf word. Hoe kan so 'n boodskap byvoorbeeld tot die groeiende jeugstem spreek?

Voormalige lede van die SWA Gebiedsmag en Koevoet moet waak daarteen dat hulle as stemvee misbruik word. Juis dit het in 2014 gebeur.

Sedert die DTA se versplintering het die RP se steun van meer as 16 000 stemme in 2004 tot 6 500 en 6 000 in onderskeidelik 2009 en 2014 afgeneem. Die eensetelparty kan dalk die volgende geensetelparty word?

Ironies handhaaf die RP dieselfde aandrang op eiesoortigheid waarvan dit ander opposisiepartye beskuldig en as die oorsaak van 'n gebrek aan samewerking bestempel?

Verkiesings verg visies vir 'n beter toekoms. Nie aanvegbare geskiedenislesse, beskuldigings en verontskuldigings nie.



So sê ander

15 Oktober 2019



Voorwaardes vir Eskom-hulp goed, maar . . .



Pres. Cyril Ramaphosa, Tito Mboweni en Pravin Gordhan se politieke loopbane gaan gemaak of gebreek word deur die sukses al dan nie waarmee hulle Eskom kan transformeer.

Die lys voorwaardes is onlangs bekend gemaak vir die reddingsboei van R59 miljard wat Eskom vanjaar en volgende jaar kry.

Van die voorwaardes sluit in dat vrugtelose en vermorste uitgawes verminder word, dat geen aansporingsbonusse betaal word nie en dat Eskom die agterstallige skuld van munisipaliteite en Soweto invorder.

Laasgenoemde is veral 'n ambisieuse voorwaarde om af te dwing. Ramaphosa en Mboweni val oor hul voete om deesdae kwansuis die beginsel van “die verbruiker betaal” in te prent.

Maar hulle pluk bloot die wrange vrugte van die ANC se destydse boikotte teen die vorige regering.

Benewens dié struggle-erfenis, het swak en futlose bestuur by munisipaliteite bygedra tot die enorme bedrag van sowat R40 miljard wat munisipaliteite aan Eskom verskuldig is. Al ignoreer Eskom al die ander voorwaardes en kry net hierdie een reg, sal sy geldsake veel voorspoediger lyk.

Maar die kanse lyk realisties gesproke skraal. Voeg by vakbonde se teenstand teen enige gedeeltelike privatisering of slapper arbeidsreëls en dis duidelik dat senuwees van staal nodig is om Eskom te red.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!