Stephen Hawking (76) sterf
Die wêreldbekende Britse fisikus Stephen Hawking is in die ouderdom van 76 jaar dood, het 'n familiewoordvoerder bevestig, berig die BBC.
“Ons is ontsettend hartseer oor ons geliefde pa se heengaan vandag,” het sy kinders, Lucy, Robert en Tim, gesê.
Hulle sê in 'n verklaring hy was “ 'n fantastiese wetenskaplike . . . wie se werk en nalatenskap baie jare sal voortbestaan”.
Hawking is veral bekend om sy werk oor die relatiwiteitsteorie en gravitasiekolke en het verskeie wetenskapboeke geskryf waaronder A Brief History of Time.
* Motorneuronsiekte is in 1963 by Hawking gediagnoseer en volgens dokters sou hy net twee jaar leef.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie