Sterfte vertraag Nimt-verhoor
Marc Springer
Die onverwagse herskedulering van getuienis wat deur 'n forensiese wetenskaplike gelewer moes word, het gelei tot 'n vertraging in die verhoor van 'n voormalige werknemer van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt).
Mnr. Ernst Lichtenstrasser staan tereg op die moord op sy voormalige bestuurders mnre. Eckhart Mueller (72) en Heimo Hellwig (60) twee jaar gelede.
Volgens die staatsaanklaer, me. Antonia Verhoef, het mnr. Abel Nyambe, die getuie, net 'n uur voor hy sou getuig verneem dat sy suster 'n dag tevore in Katima Mulilo aan Covid-verwante oorsake dood is.
Alhoewel Nyambe van Kaapstad af ingevlieg het slegs om die hof te help met die ontleding van 'n forensiese verslag wat opgestel is na aanleiding van die dubbele moord, kon hy dus nie die verrigtinge bywoon nie.
Verhoef is egter steeds seker sy sal daarin slaag om vandag 'n ander getuie te vind om getuienis voor regter Christie Liebenberg te lewer.
Lichtenstrasser staan tereg op vyf klagte in verband met die moord van Mueller en Hellwig wat op 15 April 2019 op die Nimt-kampus in Arandis doodgeskiet is.
Hy het onskuldig gepleit op al vyf klagte, waar onder twee van voorbedagte rade, een van die onwettige besit van 'n vuurwapen en een van dwarsboming van die gereg wat verband hou daarmee dat hy na bewering die vuurwapen wat in die moorde gebruik is, weggesteek het.
Mnr. Albert Titus is Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie