Sterftes nou digby 2 000
Sterftes nou digby 2 000

Sterftes nou digby 2 000

Dani Booysen
Vir Maandag tot Vrydag die afgelope week is nog 250 sterftes in Namibië deur gesondheidsowerhede aan die Covid-19-virus toegeskryf.

Die land se totale dodetol sedert Julie verlede jaar skuif hiermee op na 1 992.

Saterdag is ‘n nuwe rekord van 81 sterftes op een dag aangekondig. Hoewel die totaal as 80 aangegee word, is 81 individuele sterftes gelys; een daarvan in die vroeë oggendure van 10 Julie.

Uit die 250 sterftes het 120 in Junie plaasgevind. Verlede maand het die pandemie 879 lewens geëis teenoor 236 in Mei. Julie se sterftes staan reeds op 208.

Van die 250 persone het net vier ‘n eerste dosis entstof ontvang. Nie een was volledige geïmmuniseer nie.

Die dodelikste dag op rekord bly 22 Junie. Sterftes op die dag het na 51 opgeskuif terwyl 50 persone op 28 Junie die lewe gelaat het.

Gemeet oor sewe dae, was die kruin van die sterftekoers dusver 42 per dag; ook op 28 Junie.

Veertig van die persone (16%) het tuis gesterf.

Distriksgewys was die sterftes as volg toegedeel: Windhoek 86, Keetmanshoop 25, Gobabis 21, Swakopmund 14, Rundu 13, Rehoboth 11, Tsumeb 11, Okahandja 9, Walvisbaai 9, Mariental 8, Otjiwarongo 7, Oshikuku 6, Grootfontein 5, Eenhana 4, Oshakati 4, Outapi 4, Okakarara 3, Katima Mulilo 2, Lüderitz 2, Onandjokwe 2, Khorixas 1, Nankudu 1, Okongo 1, Outjo 1.

Die sterftekoers staan nou op 1,9% van positiewe gevalle. Ons kaart wys in watter streke die syfer hoër as die gemiddeld is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!