Sterftes redes tot groot kommer
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê hoewel die getal Covid-19-getalle afgeneem het, bly die hoë getal sterftes groot rede tot kommer. Volgens Shangula kom die meeste sterftes onder die ouer ouderdomgsgroep en mense met onderliggende toestande voor. Met verwysing na die afname in gevalle sê die minister vir die tydperk 16 tot 29 Julie het die getal nuwe gevalle op 8 064 gestaan teenoor die 19 157 nuwe gevalle vir die tydperk 30 Junie tot 15 Julie. Hy het ook verwys na die gebruik van kitstoetse oraloor in die land met 1 872 kitstoetse wat teen 27 Julie uitgevoer is.
Volgens Shangula is rekenaartegnologie nou ook deel van 176 immuniseringspunte om die gerekenariseerde vasvang en opname van data te verseker. Om die voorkoms van verskillende variante van die virus in die land te identifiseer, is buiten die Universiteit van Namibië, ook die hulp van die Internasionale Instituut van Oordragbare Siektes in Suid-Afrika asook die Afrika Sentrum vir siektebeheer en -voorkoming ingeroep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie