Sterk aardbewing ruk Osaka in Japan
Sterk aardbewing ruk Osaka in Japan

Sterk aardbewing ruk Osaka in Japan

Drie mense is vroeg gisteroggend dood in 'n aardbewing met 'n sterkte van 6,1 op die Richterskaal wat die Japanse metropool Osaka getref het, met fabrieke wat ontwrig is en waterpype wat gebars het.

Geen waarskuwing van 'n tsoenami is egter uitgereik nie, het regeringsamp­tenare en die uitsaaier­ NHK bevestig.

Shinzo Abe, eerste minister, sê die omvang van die skade word vasgestel en inwoners se veiligheid is die topprioriteit.

Regstreekse uitsendings wys gebarste waterpype en 'n huis wat brand nadat die aardbewing Osaka, Japan se tweede grootste metropool, kort voor 08:00 getref het terwyl pendelaars werk toe gegaan het.

Die middelpunt van die aardbewing was net noord van die Osaka-stadsgebied en die Japanse meteorologiese agentskap het die sterkte van 5,9 tot 6,1 op die Richterskaal aangepas.

'n Belangrike nywerheidsgebied in sentrale Japan is deur die aardbewing geraak, met Panasonic wat bevestig het dat werksaamhede by twee aanlegte gestop is.

Daihatsu Motor Co, wat onder Toyota val, het ook produksie in sy fabrieke in Osaka en Kyoto gestop terwyl moontlike skade nagegaan word.

Volgens die Japanse media is 'n 80-jarige man dood toe 'n muur tydens die aardbewing omgeval het, terwyl nog 'n man in sy 80's en 'n meisie (9) dood is toe 'n boekrak omgeslaan het.

Osaka het 'n bevolking van 8,8 miljoen mense in die stad en omliggende­ gebiede. 'n Aardbewing met 'n sterkte van 5,6 op die Richterskaal het Sondag ook vir Guatemala­ in Sentraal-Amerika getref, maar geen skade is al aangemeld nie.

Dit sluit aan by die vulkaan Fuego, waar onlangse uitbarstings tot die dood van 110 mense gelei het. Sterk skuddings is gevoel, maar volgens Gua­temala se rampdienste is “alles kalm”.

'n Ooggetuie het aan Reuters gesê die aardbewing is nie in Guatemalastad, die hoofstad, gevoel nie.

Die middelpunt was naby die Stille Oseaan, minder as 18,7 km van die voet van die vulkaan wat onlangs nog gas en as gespu het.

 - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!