Sterk dollar knou goudprys
Sterk dollar knou goudprys

Sterk dollar knou goudprys

Elvira Wood – Die Amerikaanse dollar plaas nie net druk op geldeenhede in ontluikende markte nie, maar knou ook die goudprys.

Reuters berig kommer oor die dreigende handelsoorlog tussen die VSA en China en die vooruitsig dat die Federale Reserweraad (Fed) die rentekoers in Amerika gaan verhoog, laat beleggers eerder dollars koop as goud of ander geldeenhede.

Goud het Dinsdagoggend vroeg teen $1 193 per fynons verhandel.

Die rand verhandel ook steeds teen bo die R15-vlak teenoor die dollar. Dié geldeenheid het vroegoggend teen R15,19 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.

Hoewel dit die afgelope paar weke erg verswak het, en dit selfs tot so ver soos R16,20 teenoor die dollar kan terugsak, sê Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, daar is ’n goeie kans dat die situasie kan verbeter.

“Die meeste beleggers in die Noordelike Halfrond kom gewoonlike teen die einde van September of vroeg in Oktober terug werk toe ná hul vakansie.

“Hulle is dan geneig om bates wat as meer riskant beskryf kan word te koop,” sê sy in ’n nota.

“Die rand kan dus tot onder die R15-vlak herstel. Sou dit die geval wees, verwag ons dat die rand teen gemiddeld R12,70 teenoor die dollar in die vierde kwartaal van die jaar sal verhandel.”

Dit het teen R19,80 teenoor die Britse pond en R17,61 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

· Goud: $1 193 per fynons

· Platinum: $787 per fynons

· Olie: $77,48 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 350,73

· Ethereum: $196,94
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer