Sterk kompetisie vir Bonifatius se Ope-titel
Sterk kompetisie vir Bonifatius se Ope-titel

Sterk kompetisie vir Bonifatius se Ope-titel

Andrew Poolman
Talle van die groot name in plaaslike gholf tree môre by die Rössmund-baan buite Swakopmund vir die Bank Windhoek Namibiese Ope aan.
Die verdedigende kampioen, Stephanus Bonifatius, beskik reeds oor heelwat ondervinding op dié baan, net soos verskeie van sy sterkste uitdagers wat manne soos McPaul Ndeilenga, Gabriel Shikodi, Kevin Wentzel, Marlon Swarts, Eddy Angula, Kasoma Paulino en Likius Nande insluit.
Die afslaantye is soos volg (beste voorgeë tussen hakies):
Eerste bof:
06:30 McPaul Ndeilenga (1), Gabriel Shikodi (1), Stefanus Bonifatius (0), Kevin Wentzel (1).
06:40 Marlon Swarts (0), Eddy Angula (0), Kasoma Paulino (0), Likius Nande (1).
06:50 Gert Olivier (2), Hafeni Nghinamwaami (2), Wayne Profitt (3), Neil Groenewald (3).
07:00 G Damster (3), N Swart (3), W Heibeb (4), O Olivier (5).
07:10 N Hendrikse, D Haimbondi, C Hanumub, J Nugurib.
07:20 M Polster, K Potgieter, P van Aarde, H Rieckert.
07:30 A Amugongo, D Benson, W van Zyl, H Hoeseb.
07:40 T Haimbodi, H Ndjendja, J Crafford, N Nghitaunapo.


Tiende bof:
06:30 J Martin, F Katjimune, J Swanepoel, Bertie Saunderson.
06:40 A McLean, S Ndalumbumo, T Shinedima, A Abrahams.
06:50 D da Silva, I Suze, A Smit, J v.d. Merwe.
07:00 M Jacobs, W Theron, G Murasiki, C Hoaseb.
07:10 I Mavepera, T Haitota, C Lawrence, D Eksteen.
07:20 S Mashipa, T Gurirab, G P Louw, R Tswagong.
07:30 T Pamacheche, A Musonga, M Musonga.


JUNIOR GHOLF
Die Namibiese nasionale junior gholftoernooi word vanjaar op 28 en 29 April by die Omeya gholfklub gehou. Die kompetisie is oop vir alle seuns en meisies wat op 28 April 2016 nog onder 19 jaar oud is.
Die A- en B-afdelings is vir spelers met ’n amptelike voorgee van 18 of minder. Dié spelers sal twee rondtes houespel (medalje) speel.
Die C-afdeling is vir voorgeë van 19 en hoër, waar die spelers in twee rondtes stableford sal meeding.
Juniors sonder ’n amptelike voorgee is ook welkom om in te skryf en speel in hul eie afdeling tot ’n maksimun van 24 voorgee (een rondte stableford op 29 April).
Daar is ook ’n ontwikkelingskompetisie vir beginners jonger as 13 jaar sonder ’n amptelike voorgee op Vrydagoggend 29 April. Dit sal bestaan uit vyf verkorte putjies en hulp sal tydens die spel deur afrigters gegee word.
Geen familie of vriende mag as draers optree vir die A- en B-afdelings nie, maar dit is wel toelaatbaar vir die ander kompetisies/afdelings.
Die verdedigende kampioen is Nieuwoudt Hendrikse.
Die Namibiese Junior Golffederasie stuur ook ’n span van ses spelers, bestaande uit Niel Swart, Niel Groenewald, Nieuwoudt Hendrikse, Kasoma Paulino en Wayne Profitt en nog een, na twee IGT toernooie in Johannesburg gedurende die Mei-skoolvakansie. Die sesde speler sal na afloop van die nasionale kampioenskap op 29 April aangewys word.
Alle junior spelers en beginners word genooi om deel te neem. Inskrywingsvorms is aan alle klubs uitgestuur en inskrywings sluit komende Dinsdag.


WINDHOEK BUITEKLUB
Altesame 52 players spelers for the GARD-Tech beterbal stablefordkompetisie ingeskryf wat laas Saterdag by die baan van die Windhoek Buiteklub gespeel is.
Die gholfklub bedank mnr. Keith Gardiner van GARD-Tech vir sy ondersteuning. Die wenners was soos volg:
1 Joseph Martin en Min Deng – 48 punte
2 Inklous Suze en Michael Hoeseb – 45
3 Erikson Hatutale en Toady Gurirab – 44
4 C Fourie en Pine Coetzer – 43 (uittel)
5 Coen van Graan en P du Pisani – 43
Die prys vir die houe naaste aan die pen is deur Pine Coetzer (putjie 9) en Stefanus van der Merwe (putjie 17) ingepalm.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!