Sternagel kook by eerste byeenkoms
Motorfietsry
Johann Maree
Groot opwinding en vermaak het laas Saterdag geheers toe van die beste en bekendste motorfietsryers mekaar behoorlik gas gegee het by die eerste byeenkoms van die 2017-reeks by die Gallina motocross-baan noord van Windhoek.
In die byeenkoms, opnuut geborg deur Kia Motors, was sowat 60 ryers in aksie. Nog bykans 200 toeskouers het behoorlik stof gesien tydens die resies.
Van oud tot jonk het deelgeneem. Die jongste ryertjie, Laliq Adams, net vier jaar oud, het toeskouers se monde behoorlik laat oophang soos sy tussen die stof deur die baan aangedurf het.
Onder die deelnemers was ook Ingo Waldschmidt se elfjarige dogter, Zoey. Ingo is steeds die enigste persoon wat Namibië ooit in die Dakartydren verteenwoordig het.
Die groot resies wat die “King of the Dirt” genoem word, is deur Mark Sternagel gewen, met Björn Bierbrauer in die tweede plek en Tommy Gous derde.
Byeenkomste by Gallina word op elke eerste Saterdag van elke maand aangebied. Daar is genoeg plek vir toeskouers om hulself te geniet. ’n Kontantkroeg is gerieflik beskikbaar vir dié wat ’n teenvoeter vir die stof nodig het. Braaigeriewe maak dit ook ’n lekker geleentheid vir die hele familie.
Charmaine Jordaan se gewilde kosstalletjie, The Three W’s, het ook soos gewoonlik gesorg dat almal se mage met smullekker disse gevul was.
Ander kategoriewenners was:
MX Klas A: 1 Björn Bierbrauer, 2. Mark Sternagel, 3 Tommy Gous.
MX Klas B: 1 Pauli Loots, 2 Mathew Nederloff, 3 Liam Gilchrist.
MX Klas C: 1 Uwe Trumper, 2 Stephen Mayshatz, 3 Tony Viljoen.
MX Klas D: 1 Johan Kruger, 2 Lenny Bagwitz, 3 Martin Ryan Nel.
Mans kwads: 1 J.L. Opperman, 2 Jenz Rubow, 3 Charl Marais.
Vroue kwads: 1 Maike Bochert, 2 Claire Brendell, 3 Jolly Fourie.
• Die volgende byeenkoms sal op Saterdag 4 Maart weer op die Gallina-baan aangebied word. Vir verdere navrae of inskrywings kan Liaan Gous op 081 605 0080 geskakel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie