Steun vir May neem af
As die Britse premier nie 'n oortuigende oorwinning behaal nie, kan haar gesag ondermyn word.
Theresa May, Britse premier, is nie meer verseker van 'n maklike oorwinning oor die Arbeiders in die algemene verkiesing op 8 Junie nie.
In 'n peiling deur Survation vir die TV-program Good Morning Britain is bevind sy is met net ses persentasiepunte voor teenoor nege punte verlede week en 18 punte twee weke gelede.
May het die verkiesing uitgeskryf om haar magsbasis te versterk in onderhandelinge oor Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU), Brexit, om meer tyd te wen om die nagevolge van Brexit te pak en om haar greep op die Konserwatiewe Party te versterk.
As sy nie 'n oortuigende oorwinning behaal nie, kan haar gesag byna aan die begin van amptelike Brexit-onderhandelinge ondermyn word.
Die Survation-peiling is verlede Vrydag en Saterdag gedoen ná die selfmoordbomaanval in Manchester waarin 22 mense dood is.
Net meer as die helfte van die 1 009 respondente in die peiling sê hulle dink May is die beste keuse vir die premierskap, terwyl steun vir die Arbeiders se Jeremy Corbyn op net 30% gestaan het – wat hoër is as in vorige peilings.
“Ek meen geen ooreenkoms is beter as 'n slegte ooreenkoms. Ons moet gereed wees om onderhandelinge te laat vaar,” het May Maandag in 'n verskyning op TV gesê.
May en Corbyn het afsonderlik vrae van die publiek beantwoord. May het al voorheen gesê die EU wil Brittanje straf vir Brexit deur onaanvaarbare eise in die onderhandelinge te stel.
Corbyn is seker 'n ooreenkoms kan bereik word.
“Ons sal seker maak dit is 'n goeie ooreenkoms,” sê hy.
Die verskillende maniere waarop hulle die onderhandelinge wil pak, sal bepaal wat verwag kan word in twee jaar se moeilike gesprekke.
EU-amptenare berei voor sodat Brexit-samesprekings op 19 Junie kan begin, maar dit sal ná die Britse verkiesing bevestig word.
Vyftig mense word nog in die hospitaal behandel ná die bomaanval in Manchester. Sewentien van hulle is in 'n bedenklike toestand.
Nagenoeg 116 mense is in die hospitaal behandel ná die ontploffing buite die Manchester Arena.
Die Britse owerheid het tot dusver 16 mans in hegtenis geneem in verband met die ontploffing.
Hulle is nog nie geïdentifiseer of aangekla nie. – Nampa/Reuters/BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie