Steve gaan glo nié 'Stem' sing
Steve Hofmeyr het te midde van openbare druk glo ingestem om nie meer “Die Stem” tydens die res van sy Namibiese toer te sing nie.
Denver Kisting
Die Suid-Afrikaanse sangsensasie Steve Hofmeyr, wat dikwels oor beweerde rassisme onder skoot kom, het glo voor druk geswig en gaan nie vanaand “Die Stem” sing nie.
Hy gaan glo ook nie tydens dié geleentheid in die saal van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) die ou Suid-Afrikaanse vlag hys nie.
Só het me. Marcha Reed gistermiddag by navraag aan Republikein bevestig.
Reed behartig die administratiewe reëlings vir Hofmeyr se Namibiese konsert.
Nadat die omstrede kunstenaar, wie se tong hom al jare in die sop het, eergisteraand Walvisbaaiers op “Die Stem” getrakteer het, was hy gisteraand op Gobabis op die verhoog.
'n Lid van die gehoor by die Oesterfees op dié hawedorp het só op 'n inskrywing van Hofmeyr op sy Facebook-blad gereageer: “Steve Venaand toe ons die Stem sing . . . besef ek die nuwe demensie het nie en weet nie van nasie trots nie. Dink ons is die laaste demensie wat altyd sal opstaan en n traan kan sluk. Want ons ken ons geskiedenis!!!! Dankie dat jy die patriot in my respekteer dankie vir Die Stem! Dankie vir Jou stem! Dankie vir die kuier (sic).”
In 'n ander inskrywing spreek Hofmeyr sy berou uit dat hy hy en vroulief, Janine, se spruit se eerste treë misgeloop het. “Ek is so geseënd met my loopbaan, meer as ooit, maar af en toe is toer 'n groot gemis. Soos dié week. My dogter het haar eerste treë gevat en ek was nie daar nie. Hier is die kort videogreep. Die knop in my keel wil nie sak nie.”
In dieselfde inskrywing kom Hofmeyr die media en Suid-Afrika se ontvouende grondbeleid by: “Die dag is op ons waar die hof ons nie sal wil of kan red nie en ons mekaar sal moet vind by die beleërde hekke van jou buurman. Grondonteiening is hier. Nog nooit het die liberale hoofstroommedia so skielik begin stagneer in hul kruistog om onvoorwaardelik links te wees nie. Dis aanskoulik. Van hulle kerf nog hare of skraap aan die bodem van die leë bottel, maar die vrug van hul ideologie is op ons.
“Intussen verskyn Willem Petzer se video oor Orania, met net een gevolgtrekking: 'n Afrikaner enklave kan moontlik die veiligste en vreedsaamste plek ter wêreld wees.”
Volgens Petzer se Facebook-blad beywer hy hom, as 'n “regtelewe- Suid-Afrikaanse B**r om die boodskap oor sy mense se lot uit te kry. Nuus waaroor die hoofstroommedia nie wil verslag doen nie.”
Oor sy toer deur Namibië sê Hofmeyr die land se paaie bekommer hom plek-plek 'n bietjie, maar hy blyk tog beïndruk te wees: “Ek pak vir Gobabis, Windhoek en Aranos. Wat 'n toer. Wat 'n land.”
Pogings om amptelike kommentaar by WAP te kry, was onsuksesvol. 'n Betroubare bron het benadruk hulle verhuur die skoolsaal uit om geld te in en dat húlle vir Reed oortuig het dat Hofmeyr nie vanaand “Die Stem” sing nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie