Stewige Afcon-debuut vir Jong Krygers
Die Namibiërs het hul vernuf met ’n hoë speltempo gewys en het gewis potensiaal om hul merk in die groep te maak.
Tielman van Lill – Namibië se jong span het Maandagaand in hul debuutvertoning by die TOTAL o.20 Afrika-Nasiesbeker baie veggees en ondernemingsgees gewys in hul opwindende gelykopwedstryd met 1-1 teen Sentraal-Afrikaanse Republiek (CAR).
Ná dié uitslag in Mauritanië se hoofstad Nouakchott is die Jong Krygers steeds ten volle in die wedloop om vanuit groep B vir die uitklopfase te kwalifiseer. Hul volgende uitdaging is môreaand teen Tunisië en hierna volg hul laaste groepbotsing teen Burkina Faso op 21 Februarie.
Die relatief onervare Namibiërs het in die eerste helfte goeie kanse geskep en hul opponente laat bontstaan, maar het gesukkel om hul teiken te tref en punte aan te teken. Hoewel hulle sake gedikteer het, was hul kanse skaars om ’n doel aan te teken.
Met rustyd was die telling steeds 0-0, maar Flory Yangao het sake in guns van die CAR geswaai toe hy ’n puik skop verby Ngatangue Ruhaka, Namibië se doelwagter, gestuur het om die voortou met 1-0 in die 53ste minuut te neem.
Dit was eers in die 81ste minuut wat Namibië die telbord laat aanskuif het. Penouua Kandjii (ook bekend op sy bynaam Amazing) is uit die middelveld in besit gestel en sy lugskop met die linkervoet van buite die doelgebied het die bal verby Stephane Zengba, doelwagter van CAR, in die regterkantste hoek laat klap.
Kort voor die eindfluitjie moes blaas, het Edmar Kamatuka, die waarnemende kaptein in die plek van die beseerde Stephen Damaseb, ’n puik kans verbrou toe Zengba die bal netjies gekeer het. Die Namibiërs dwing ’n hoekskop af, maar Zengba stuit opnuut Tjiueza se poging en die eindfluitjie blaas.
Tjiueza is as speler van die wedstryd vereer.
Volgens statistieke was Namibië die beter span op papier. Hulle domineer met 52 persent balbesit en loods 14 skoppe na die doelhok, waarvan vier op koers was. Van hul teenstander se 12 probeerslae was twee op pad na die doelhok. Aangeë: Namibië 350 (59% akkuraat), CAR 323 (57%). Hoekskoppe: Namibië 4, CAR 2. Ongeoorloofde spel: Namibië 8, CAR 22. Geelkaarte: CAR 1. Onkantspel: CAR 1.
James Britz, hoofafrigter, is met reg vol hoop vir die res van die kampioenskap. Britz sê sy span het vyf punte nodig om onder die eerste twee spanne in groep B te eindig.
“Ons het beslis Maandagaand vanuit die staanspoor ons stempel op die wedstryd afgedruk. Die seuns het baie goed gevaar en genoeg geleenthede geskep, maar dit het lank geneem om ons eerste doel aan te teken.
“Ons het nog nie voorheen soveel geleenthede in een wedstryd geskep nie en dit wys een ding: dat die spelers beslis die afgelope ruk gegroei en ontwikkel het.
“Ons het wel taktiese foute begaan wat ons in die eerste helfte kanse gekos het. In die eerste tien tot 15 minute in die tweede helfte het CAR goeie sokker gespeel, maar ons het hulle ook toegelaat, wat ’n fout was. Die spelers het van die spelpatroon afgewyk. Ek is nie seker wat gebeur het nie, want skielik het die spelers met hoë skoppe probeer aanval en ons het nie dit geoefen nie.
“Ons het nie werklike lang spelers in die span nie en is beter om die bal op die gras te beheer en met spoed rond te beweeg. Gelukkig het die seuns later in ons normale spel ingeskakel en sake gelykop gemaak.
“As ek na die wedstryd in geheel kyk, is ek positief oor ons volgende twee kragmetings teen Tunisië en Burkina Faso. Beide is hoog gerekende sokkerlande in Afrika en dit sal taai botsings wees.
“Ons benodig vyf punte om na die semifinale deur te dring. Die Jong Krygers sal dieselfde spelpatroon teen Tunisië volg en dalk kan die seuns ons met ’n oorwinning verras.
“Ek moedig die hele Namibië aan om asseblief die jongmanne te ondersteun. Hulle is jonk en onervare, maar lewer hul beste. Ons het geskiedenis gemaak deur welverdiend vir die kontinentale toernooi te kwalifiseer. Die seuns speel regtig hul harte uit vir Namibië,” het Britz gesê.
Nadat Burkino Faso en Tunisië Maandag doelloos gelykop gespeel het, het al vier spanne in groep B een punt.
In groep A is Uganda met drie punte boaan die puntelys nadat hy Mosambiek met 2-0 geklop het. Tweede is Kameroen (3 punte) ná sy sege van 1-0 oor Mauritanië.
Die Jong Krygers se beginspan teen CAR was: Ngatangue Ruhaka, Promise Gurirab, Ngazike Kandetu, Tuhafeni Davids, Penouua Kandjii, Denzil Narib, Tjipenandjambi Karuuombe, Prins Tjiueza, Edmar Kamatuka, Juninho Jantze, Giovanni Kaninab.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie