Stewige prysgeld vir uitblinkers

Die prysgeld per kategorie, en die borge wat dit moontlik maak, is gister aangekondig.
Andrew Poolman
Limba Mupetami



Korporatiewe steun in terme van prysgeld in die onderskeie kategorieë verleen stukrag aan die naderende Namibiese Sporttoekennings, wat op 30 Oktober by die skoolsaal van Windhoek Gimnasium aangebied sal word.

Maatskappye soos MTC, Namibia Wildlife Resorts (NWR), NamPower, Standard Bank, New Era en DebMarine borg die jaarlikse spoggeleentheid wat dié keer op die tweejaartydperk sal terugkyk wat die “verlore” Covid-jaar 2020 insluit.

Namens die hoofborg MTC het Fikameni Mathias uitgewys dat die afgelope jaar baie goed vir Namibiese sport verloop het.

“MTC doen doelbewus moeite om in die sportgemeenskap te belê en vele atlete het groot bekendheid vir hulself en vir die land besorg met hul prestasies,” het hy gesê.

Mathias sê korporatiewe belegging is ’n vername faktor om sport aanloklik te maak.

Die NWR se Mufaro Nesongo sê die maatskappy is trots om met die sporttoekennings verbind te wees.

“Ons is al vir jare as vennote betrokke en sal bykans N$70 000 in verblyfbewyse aan die kategoriewenners gee. Al wat ek rêrig kan byvoeg, is alle voorspoed aan elkeen wat benoem word.”

Standard Bank se mnr. Isack Hamata het die belangrikheid van voortdurende ontwikkeling van sport uitgewys – waarsonder briljante prestasies soos dié van Christine Mboma en Beatrice Masilingi nie op die voorgrond sou wees, of gevier kon word nie.

Standard Bank borg die kategorie waarin die sportkode met die beste ontwikkelingsprogram beloon word, wat volgens Hamata ’n doelbewuste keuse was omdat dit so ’n belangrike aspek van die land se sport is.

Daar is vanjaar altesame 20 kategorieë, waarin die prysgeld soos volg op die spel staan:

Beste sportpresteerder (MTC – N$200 000)

Sportman en sportvrou (MTC, elkeen N$100 000)

Junior sportman en junior sportvrou (MTC, elkeen N$50 000)

Sportvrou en sportman met ’n gestremdheid (NamPower, elk N$100 000)

Junior sportvrou en sportman met ’n gestremdheid (NamPower, elk N$50 000)

Sportspan van die jaar (DebMarine, N$100 000)

Afrigter van die jaar (DebMarine, N$50 000)

Beste skeidsregter (DebMarine, N$50 000)

Beste ontwikkelingsprogram (Standard Bank, N$100 000)

Sportfederasie van die jaar (Sportkommissie, N$50 000)

Professionele sportuitblinker in die diaspora (DebMarine, N$50 000)

Beste sportjoernalis (New Era, N$30 000 in totaal; N$10 elk vir gedrukte, uitsaai- en digitale media)

Lewenslange eretoekenning (NWR/NamPower, N$15 000 en ’n spesiale baadjie)

Voorsitterstoekenning (Namibië Sportkommissie, N$10 000)

Publiek se keuse as sportster van die jaar (NWR verblyfbewys vir N$15 000 aan die wenner van die openbare stemming.)

Sportfederasies moet hul benoemings aanlyn op www.nscportal.org indien, met inskrywings wat op 4 Oktober sluit. Op 6 Oktober sal die inskrywings aan die beoordelaars voorgelê word vir twee rondes van beoordeling, voordat die finaliste op 11 Oktober aangekondig sal word.

Besonderhede van die stemproses vir die publiek se keuse sal binnekort bekend gemaak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!