Stief Neeef se nuwe baadjie
‘n Nuwe weergawe van die omstrede bemagtigingswet bekend as Neeef is deur die Kabinet goedgekeur.
Dit moet nou voor ‘n kabinetskomitee dien voor die konsepwet sy weg na die twee huise van die parlement sal baan.
Die proses neem dikwels etlike maande of selfs langer. Namibiërs sal moet sien of die lank beplande ontwikkelingswerktuig inderdaad op die sneltrajek geplaas word.
Hopelik sien ons nie eers dié Neeef se nuwe baadjie in die Nasionale Vergadering nie.
Ná ‘n hewige polemiek het die regering ‘n verpligting laat vaar dat minstens 25% van besighede aan voorheen benadeeldes moet behoort. Die ander vyf pilare van die oorspronklike plan behels verteenwoordiging in direksies en topbesture, opleiding, entrepreneurskap en mentorprogramme, maatskaplike verantwoordelikheid en waardetoevoeging tot hulpbronne. Neeef se maatstawwe sal geld by die toekenning van tenders.
In beginsel hoort teikens soos kwotas dalk nie in wetgewing nie, maar eerder in regulasies, wat gereeld hersien kan word eerder as om die wet te wysig. Die proses kan opsigself nog bykomende maande neem, wat nie onsekerheid by beleggers gou sal hokslaan nie.
Kon meer bemagtiging sedert 1990 plaasgevind het? Beslis. Maar niemand kan die gedeelde verantwoordelikheid ignoreer om die veranderinge te bewerkstellig wat ons graag in Namibië wil sien nie.
‘n Mens moet egter saam met ‘n ekonoom soos Rowland Brown stem dat werklike bemagtiging nodig is wat benadeeldes en die ekonomie deur middel van vooruitgang tot voordeel sal strek.
So sê ander
24 Februarie 2020
Verwerp boodskap oor grondgrypery op jou eie risiko
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se waarskuwing teen die Suid-Afrikaanse regering se planne om grond sonder vergoeding te onteien, is tydig.
Moenie jou blind staar op die boodskapper nie. Kyk na die boodskap self.
Grondgrypery in byvoorbeeld Zimbabwe en kommunistiese lande – van die USSR tot China – het almal onbetwisbaar dieselfde uiteinde gehad – ekonomiese ineenstorting. Behoorlike regsbeskerming vir eiendom is ’n absolute voorvereiste vir ekonomiese groei en welvaart.
Grond is ’n produksiemiddel. Natuurlik mag dit nie, soos in die apartheidstyd, tot een groep beperk word nie. Maar ’n kunsmatige herverdeling, iets waarop die regering se planne kan uitloop, gaan Suid-Afrika onherroeplik in ’n ekonomiese swart gat laat val.
Die land se wiele val toenemend af weens korrupsie, nepotisme, die fundamentele ondoeltreffendheid van die regering en die politieke elite wat net na hul eie sakke kyk.
Daar is moontlik tekens dat pres. Cyril Ramaphosa die probleem begryp. Vandaar dat hy voortdurend gemoedere probeer sus.
Maar sussende woorde is nie voldoende om die probleem op te los nie. Wat moet gebeur, is dat die voorneme in sy geheel laat vaar word. Die vraag is of Ramaphosa die moed van sy oortuiging het om dit doen.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie