Stiefdogter sleutelgetuie in moordsaak
Stiefdogter sleutelgetuie in moordsaak

Stiefdogter sleutelgetuie in moordsaak

Die bejaarde mnr. Jan Bruwer word daarvan beskuldig dat hy sy skoonseun in 2019 op Schlip doodgeskiet het.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

“Gaan roep jou ma met haar groot mond dat ek haar ook kan vrek skiet.”

Me. Cathleen Mouton, stiefdogter van die moordbeskuldigde mnr. Jan Bruwer (72) en die vrou van die oorledene, het getuig hoe sy dié woorde uit Bruwer se mond gehoor het in die oomblikke ná die noodlottige skoot op haar man.

Bruwer staan in die hoërhof in Windhoek onder meer tereg op die klag van poging tot moord omdat hy Cathleen in die skouer geskiet het. In die moordklag word hy beskuldig dat hy op 29 November 2014 sy skoonseun, mnr. Henry Mouton, op Schlip naby Mariental doodgeskiet het.

Die skietery het gebeur nadat Bruwer glo sy vrou geslaan het, Cathleen hom hieroor aangevat en sy toe vir Henry gebel het om te kom help.

Cathleen het glo die skote gehoor en het op die toneel afgekom, waarna Bruwer haar na bewering probeer skiet het.

Sy was die afgelope driee dae onder kruisverhoor voor regter Orben Sibeya. Die kruisverhoor is ’n paar maal onderbreek om haar geleentheid te gee om haar emosies te beteuel.

Sy het getuig dat sy in die woonstel op die werf was toe sy die eerste skoor gehoor het. Sy het na die huis gehardloop waartydens sy nog twee skote gehoor het.

Toe sy voor die huis was, het sy glo gehoor hoe Bruwer aan haar dogter, Brenice, sê: “Gaan roep jou ma met haar groot mond dat ek haar ook kan vrek skiet.”

Volgens Cathleen het haar dogter toe by die huis uitgestorm en vir haar gesê: “Mamma, bel die polisie. Oom Jan het vir pa doodgeskiet!”

Hierna, getuig Cathleen, het sy by die huis se deur ingegaan en Bruwer het ’n meter van haar af gestaan met die pistool op haar gerig.

Hy het haar glo geskiet, maar hy het gebewe en die wapen het in sy hand gegly en hy het haar net in haar skouer geskiet.

In die oomblikke nadat die skoot afgevuur is, het hulle altwee glo bly staan en Bruwer het omgedraai en geloop.

BRUWER SE VERDEDIGING

Bruwer se verteenwoordiger, adv. Winnie Christiaans, beweer dat Cathleen teen Bruwer vasgehardloop het toe sy by die huis ingegaan het en dat hy die skoot per ongeluk afgevuur het.

“Volgens mnr. William Nambahu, voormalige vuurwapenkenner van die Nasionale Forensiese Wetenskap Instituut (NFSI), se getuie sou die skoot opwaarts beweeg het indien die skoot per ongeluk afgevuur is.

“Die forensiese verslag bevestig dat die patroon onder haar sleutelbeen ingegaan het en agter, bo by haar skouer uit is. Die patroon is daarna bo by die muur agter haar in en dit bewys dat die skoot van onder af geskiet is,” het Christiaans gesê.

Christiaans beweer dit is onwaarskynlik dat die handwapen in Bruwer se hand gegly het en dat hy haar op minder as een meter sou misskiet indien dit sy bedoeling was om haar dood te skiet.

Hy het ook uitgewys dat sy nie in haar oorspronklike verklaring aan die polisie enigiets genoem het oor die vuurwapen wat gegly het nie.

“In die vuurwapen het sewe patrone oorgebly. Waarom sou hy omdraai en loop as hy jou wou doodskiet?” het Christiaans haar gevra.

Christiaans het haar getuienis in twyfel getrek dat Bruwer gesê het hy gaan haar doodmaak. Volgens Bruwer het hy nooit daardie woorde gesê nie en kon Cathleen se dogter tydens vorige getuienis nie hierdie inligting verifieer nie.

Die verhoor duur steeds voort en Cathleen se dogter, Brenice, is gister as getuie geroep.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!