Stigting gee skole sonkrag
Stigting gee skole sonkrag

Stigting gee skole sonkrag

Die Hanns Seidel-stigting het onlangs sonkragstelsels van 3 kW aan die gekombineerde skole Omuuni en Ondjabayonghalu in die Ohangwenastreek geskenk.

Dié projek, getiteld PREN, het ten doel om die gebruik van hernubare energie, sowel as energie- en hulpbrondoeltreffendheid in Namibië te bevorder en is 'n inisiatief van die stigting.

Die projek fokus veral op ­plattelandse skole.

Tydens die oorhandiging van die sonkragstelsels het genl. Peter ­Nambundunga gesê dit is tans die beste tyd vir dié tipe skenking.

Die skenking sal bydra tot die bereiking van teikens wat in die Harambee-­welvaartsplan uiteengesit is.

Dít sluit onder meer in dat alle skole teen 2020 kragtoevoer het, het Nambundunga gesê.

Duitsland se ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, het gesê die stigting poog, met die ondersteuning van die PREN-projek, om Namibië se regering tegemoet te kom.

Hy het ander versoek om soortgelyke skenkings te doen, aangesien 71 skole in die Ohangwenastreek nog nie sonkrag het nie.

Schlaga het gesê onderwys en moderne tegnologie is belangrik sodat skole in afgeleë gebiede met die buitewêreld verbind kan word.

Om dié rede sal hy, saam met die goewerneur van die Ohangwenastreek se spesiale raadgewer en ander amptenare, ter ondersteuning van die inisiatief na die verre noordelike streke van die land reis, het hy gesê.

Hy het klem gelê op die feit dat ­leerlinge voortaan geen ver­skoning sou hê om nie saans met hul skoolwerk besig te wees nie.

Hy het bygevoeg die stigting se projek behoort te dien as aanmoediging vir ander organisasies om ook tot kragtoevoer aan plattelandse skole by te dra.

Mnr. Faneul Ndadi, raadslid van die Okongo-kiesafdeling, het leerlinge en ­onderwysers versoek om die panele op te pas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!