Stigting verwelkom Thomas Keller
Stigting verwelkom Thomas Keller

Stigting verwelkom Thomas Keller

Gerine Hoff
Mnr. Thomas Keller is die Konrad Adenauer-stigting, Namibië-Angola, se nuwe hoof.

As 'n oudbeampte van die Duitse weermag, is Keller (36) 'n kenner van Afrika en geniet hy reeds noue bande met Namibië.

In sy nuwe rol gaan Keller homself daaraan toewy om talle uitdagings die hoof te bied.

Sy aanstelling bring ook 'n einde aan 'n tydperk van gereelde leierskapwisseling by die stigting.

Hy hoop dus om in die volgende vier tot vyf jaar kontinuïteit in die stigting se werk teweeg te bring en hy beplan om veral op burgerlike opvoeding en demokrasie te fokus.

Keller is in die staat Baden-Württemberg in Duitsland gebore en getoë. Hy beskik oor 'n meestersgraad in ontwikkeling en opvoedkundige wetenskappe, asook in geskiedenis.

Sy studies is gevolg deur 'n suksesvolle loopbaan in die Duitse weermag. Sy eerste kennismaking met Namibië was in 2005, toe hy die land as 'n vakleerling as deel van die voormalige GTZ (die Duitse Agentskap vir Tegniese Samewerking, vandag GIZ) besoek het.

Daarna het hy in lande soos Ethiopië, Djiboeti, Kanada en weer eens Namibië gewerk. Dit is juis toe wat hy kennis gemaak het met die Konrad-Adenauer-stigting.

Ná hy sy studies voltooi het, is Keller as ontleder vir die Duitse weermag se belange suid van die Sahara aangestel, en was hy verantwoordelik vir die ontleding van ekonomiese, politieke en maatskaplike bande tussen verskillende Afrika-lande, veral Mali, Somalië en Zimbabwe.

Daarna is hy aangestel as inligtingbedryfshoof by die Europese Opleidingsending (EUTM) in Mali waarna hy as projekleier werksaam was vir land-spesifieke en interkulturele opleidingseminare.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!