Stille getuies van ’n vergange era
Tanja Bause – Op die plase Sandvirhaar en Simplon in die suide van die land staan twee kalkoonde wat meer as ’n eeu oud is.
Die oudste een is op Sandvirhaar geleë wat in die laat 1800’s gebou is.
Volgens mnr. Frikkie Mouton van die Alte Kalkofen-lodge het ’n Duitse Jood met ’n boot op Lüderitz aangekom. Hier het hy vir homself ’n ossewa gekoop en sy reis na die binneland begin.
“Op die plaas het hy die kalkklippe gesien en besluit om die oond te bou. Die klip word gebreek en dan saam met hout in die oond geplaas waarna dit brandgesteek word. Só kry ’n mens gebluste kalk. Die man het die klip in sakke verpak en weer per ossewa na Lüderitz vervoer. Dié reis het elke keer sowat ’n maand geneem. Die oond is in 1900 vir die laaste keer gebruik,” het Mouton gesê.
In 1906 het George Kötter die oond op die plaas Simplon gebou. “Hy was in die Schutztruppe en met Frieda Meule getroud. Hulle het die plaas na Simplon, hul tuisdorp in Duitsland, vernoem.”
In 1933 het die volgende plaaseienaar die oond opgeknap en toerusting gekry om die proses te bespoedig. Hy het ook ’n Lister-enjin aangebring wat ’n vervoerband aangedryf het.
Simplon het oor ’n treinspoor beskik en die klip is per trein na Lüderitz vervoer. Metje & Ziegler was destyds die grootse aankoper en verkoper van kalk, wat in die bou- en landboubedryf gebruik is.
Die kalkoond op Simplon was tot 973 in werking.
“Kalk het ’n belangrike rol in die land se boubedryf gespeel. By die lodge is ’n gebou wat mooi die drie fases van die boubedryf uitwys. Die eerste deel van die gebou is met klei gebou, daarna met kalksteen en uiteindelik met sement,” het Mouton gesê.
“Die oonde het die ekonomie en boubedryf aan die gang gehou. Die nadeel is dat kameeldoringbome afgekap is om die oond aan die brand te hou. Ons het nog ’n kameeldoringboomwoud hier op die plaas waarvan die bome meer as 1 000 jaar oud is,” het Mouton gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie