Stoffeerder woeker met sy talent
Elizabeth Joseph op Lüderitz – Erastus Kamuleka (49), tevore 'n visserman, het meer as tien jaar gelede sy besigheid, Kamuleka Trading, op Lüderitz begin. Hy wou die manier verander waarop mense na klein ondernemings kyk.
Kamuleka Trading spesialiseer in huishoudelike stoffering, maar hy maak ook kaste, tafels en stoele.
Erastus is in 1972 in die Noorde op Eenhana gebore en het in 1999 as visserman by Marco Fishing bedank en sy eie besigheid begin.
Hy het daarna opleiding ontvang en verwerf in 2017 'n sertifikaat van deelname van die Cosdec-opvoedkundige sentrum.
Hy finansier sy besigheid sonder enige bykomende ondersteuning. Dit is volgens hom moeilik om sy onderneming alleen te finansier en om sonder enige hulp te werk, maar dit is beter as om vir iemand anders te werk.
“Ek is lief vir my werk en ek weet dat ek soveel beter af sou wees as ek genoeg finansiering en nie 'n tekort aan hulpbronne gehad het nie. Ek wil mense in diens neem om my te help, maar daar is net nie genoeg geld om hul salarisse te betaal nie,” het Erastus gesê.
Sy redding is dat hy toegang tot elektrisiteit het en dus in staat is om gereedskap soos 'n slypmasjien en uitsnysaag te gebruik.
Erastus hoop om in die toekoms mense in diens te neem en sy besigheid uit te brei. Hy sien ook daarna uit om genoeg geld te verdien om sy toerusting te onderhou, wat volgens hom een van sy grootste uitgawes is aangesien dit gereeld breek.
MATERIALE VAN VULLISHOPE
“Die meeste items wat mense vir my bring om reg te maak of in iets nuut te omskep, is items wat hulle op vullishope gekry het. Gewoonlik verwyder mense net 'n paar skroewe en dan doen ek die res. Wat die materiaal vir die stoffering betref, koop ek dit eers aan as ek aan die einde van elke maand genoeg geld oor het,” verduidelik Erastus.
Hy maak grootliks staat op stukkende houtmeubels wat mense op vullishope stort om nuwe meubels van te maak en wat hy dan aan die publiek verkoop.
Erastus bemark sy besigheid deur mense daarvan te vertel en is vol vertroue as hy sy produkte so perfek maak dat hulle hulself sal verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie