Stoffel: die beste stories deur Christiaan Bakkes
Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se mees geliefde Afrikaanse verhale byeen in ’n splinternuwe versamelbundel.
Hier val die klem op Bakkes se “Stoffel-stories”: Verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen verskyn, maar wat deurgaans op ware gebeure gebaseer is. In sy kenmerkend ongekunstelde styl verken Bakkes – gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids – wildernisse en vlaktes met eerlikheid en ’n fyn sin vir humor. Die verhale in hierdie bundel word byeengebring deur Suzette Kotzé-Myburgh en word saamgestel uit Bakkes se Stoffel in die wildernis (2000), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en Krokodil aan my skouer (2014). Dis ’n keur uit die skrywer se oeuvre – geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.
Christiaan Mathys Bakkes is in 1965 op Vredenburg gebore. Hy was staptoerveldwagter in die Krugerwildtuin toe hy in 1994 sy linkerarm verloor het nadat twee krokodille hom aangeval het. Ná sy herstel reis hy deur Afrika, werk vir drie jaar vir die WWF in Namibië en daarna by ’n safari-maatskappy. Hy woon in Damaraland in die noordweste van Namibië.
• Stoffel: die beste stories (ISBN: 978798171113) is deur NB Uitgewers vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie