Stofies met woema
Tanja Bause – In ’n klein werkswinkel in Otjiwarongo se nywerheidsgebied gebeur daar groot dinge.
Aan die einde van verlede jaar is ’n besending Bushman Fire-stofies vanuit dié werkswinkel na Amerika gestuur en nou hoop mnr. Charles Dorn-Schnirring op nóg ’n bestelling uit daardie geweste.
“Ek het in 2007 in my motorhuis en met een werknemer met die vervaardiging van die stofies begin,” sê hy.
Nadat hy een vir homself gemaak het, het Dorn-Schnirring se buurman dit gesien en ook een bestel. Só het die woord versprei en vinnig was die motorhuis te klein en moes hy na die nywerheidsgebied trek.
“Sover ek weet, is die stowe nou al in 26 verskillende lande wêreldwyd. Baie toeriste wat die stoof by ’n lodge sien, stop hier om een te koop en saam te neem.”
Die stoof is beskikbaar in drie verskillende groottes, met ’n driebeenpot, ’n platboompot of gewone pot wat daarop pas. Die stoof werk met kole, die rook is minimaal en geen wind of weer maak ’n impak op hoe dit werk nie. “Met net 500 g kole kan jy agt ure lank kook. Jy plaas 500 g kole in die stof en sit ’n pot met beesstert bo-op, en agt ure later val die vleis van die been af,” sê Dorn-Schnirring .
Saam met die stof koop mense ook graag vuuraanstekers wat Dorn-Schnirring self maak. “Ek sit die vuuraanstekers in paraffien en haal dit met ’n tang uit wat jy ook by my kan kry, plaas dit in die kole en steek alles brand. Wanneer die kole warm is, haal jy die aansteker uit, laat dit afkoel en sit dit in die paraffien terug. Jy kan dit weer en weer gebruik,” sê hy.
Die stoof self word nie warm nie en kan selfs wanneer daar kole in is, geskuif word - wat dit ideaal maak vir vissermanne en gebruik langs die see. “Jy kan byvoorbeeld die stoof agterop jou bakkie se klap sit en begin kos maak. As die vis nie byt nie, kan jy stadig ry en ’n ander gat gaan soek. Omdat die stoof swaar is, sal dit nie sommer omval nie.”
Dorn-Schnirring het ook ’n “strandloper”-braaistaander ontwerp.
“Van die vissermanne het gesê hulle is op soek na ’n braai wat – soos die stoof – nie deur die wind en weer beïnvloed word nie. Die strandloper het bene wat uitvou sodat dit hoog staan en ver van die sand af is. Wanneer jy klaar gebraai het, word die kole uitgekrap en die braai koel binne vyf minute af. Daarna vou jy dit op en kan dit maklik vervoer word.”
Einde verlede jaar het hy meer as ’n duisend Bushman Fire-stofies na Amerika uitgevoer. “Ek stuur ook van die stowe saam met houtskool-bestellings wat die hele wêreld vol versprei word. Só het ek nou al van die stofies na Dubai, Rusland en Australië gestuur.”
Dorn-Schnirring het die toerusting wat gebruik word om die stowe te maak, self ontwerp en gebou.
“Ek het ’n masjien gebou en op die job geleer en dit aangepas. Gelukkig is daar hier naby ’n skrootmetaalplekkie waar ek van die nodige parte kan koop. Die masjiene is nou só dat dit die werk so maklik as moontlik maak.”
Die stoof en die strandloper is by verskeie winkels landwyd of by Dorn-Schnirring self op Otjiwarongo te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie