Stokes lei Engeland in 1ste toets
Krieket
Die veelsydige Ben Stokes sal Engeland volgende week in die eerste van drie kriekettoetse teen die Wes-Indiese Eilande aanvoer.
Die Engelse en Walliese Krieketraad het Dinsdag aangekondig dat die Engelse toetskaptein Joe Root die oefenkamp by die Ageas Bowl in Southampton Woensdagmiddag sal verlaat om by sy vrou, Carrie, te wees. Sy verwag hul tweede kind later dié week.
Die Engelse se driedaagse oefenwedstryd begin Woensdag. Die groep vir die eerste toets in Southampton, wat op 8 Julie begin, sal ná die oefenwedstryd aangekondig word.
Root sal, nadat hy en sy gesin die hospitaal verlaat het, vir sewe dae tuis in selfisolasie wees.
Hy sal hom weer op Maandag 13 Julie vir die tweede toets op Old Trafford in Manchester by die groep aansluit.
Die 29-jarige Stokes neem die leisels oor, met Jos Buttler wat nou onderkaptein is.
Die spanne vir die oefenwedstryd is:
Stokes-span: Dominic Sibley, Keaton Jennings, Zak Crawley, Jonathan Bairstow, Ben Stokes (k), Ben Foakes, Moeen Ali, Lewis Gregory, Craig Overton, Jack Leach, Olly Stone, James Anderson, Saqib Mahmood.
Buttler-span: Rory Burns, James Bracey, Joe Denly, Dan Lawrence, Ollie Pope, Jos Buttler (k), Sam Curran, Chris Woakes, Dominic Bess, Mark Wood, Jofra Archer, Stuart Broad, Matthew Parkinson, Ollie Robinson. – Netwerk24, ECB

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie