Stokkiesdraai vir klimaat
Die reëls vir die skoolstaking is geen geweld, skade, rommelstrooi, wins en haat nie.
Namibiërs word uitgenooi om op Vrydag 20 September aan die eerste wêreldwye staking deel te neem om ingryping teen klimaatsverandering aan te moedig.
Die staking staan bekend as Fridays for Future School Strike en dit vind in die hoofstad plaas.
Klimaatsverandering bedreig die mensdom en bemoeilik Namibië se pogings om sy ontwikkelingsdoelwitte soos armoedeverligting te bereik, sê organiseerders van die optog.
“Alle denkende mense in die wêreld besef klimaatsverandering word hoofsaaklik deur menslike aktiwiteit veroorsaak. Die gevolge vir Afrika is onder meer waterskaarste, die degenerasie van grond, ’n verlies aan biodiversiteit, verdere verwoestyning en armoede.”
Die organiseerders meen oplossings vir dié kwessies moet geïmplementeer word.
’n Beroep word op alle leerlinge, studente en werkendes gedoen om, met die toestemming van hul skole en werkgewers, aan die optog deel te neem.
Die optog skop om 11:00 by die ministerie van die omgewing en toerisme in Dr. David Kenneth Kaundastraat in die hoofstad af.
Deelnemers moet hul eie waterbottels en plakkate saambring.
Die roete strek van die ministerie tot by die regering se kantoorpark, die parlementstuine en Ausspannplatz waar ’n petisie aan regeringsverteenwoordigers oorhandig sal word.
In die petisie word vereis dat die Parys Klimaatsverdrag gevolg moet word sodat die planeet se gemiddelde temperatuurstyging onder 1,5 grade Celsius kan bly.
Die reëls vir die staking is geen geweld, skade, rommelstrooi, wins of haat nie.
Eloolo Permaculture Initiative, NYCCC, N.E.W.S, Earthlife Namibia, Namibia Nature Foundation (NNF), Earth Wise Enterprise, Conrad Roedern, DHPS en Windhoek se Waldorf-skool organiseer die optog.
Vir navrae, kontak Helvie by 081 687 2319 of Tuli by 081 733 1748.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie