Stokvis: Nuwe kwotas kry groen lig van SA hof
Vida Booysen - ’n Uitspraak oor die stokviskwota Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof baan die weg vir nuwe toetreders tot dié winsgewende bedryf.
Die kommersiële vang van stokvis met sleepnette is verlede maand bevries nadat die vismaatskappy Viking Inshore Fishing ’n interdik teen die minster van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, verkry het. Zokwana het ’n nuwe toewysing aangekondig wat bedoel was om 12 nuwe bemagtigingsfirmas tot die sektor toe te laat. In die proses is Viking se kwota met 60% verminder.
Die huidige kwota word deur ’n handvol groot maatskappye beheer. Elkeen se toewysing beloop ’n vaste persentasie van die jaarlikse toelaatbare vangste, wat wetenskaplik bepaal word.
Dinsdag het die hof ten gunste van die minister beslis dat die nuwe regte vir 2017 moet geld.
“Die besluit ten gunste van transformasie sal ’n hupstoot aan vismaatskappye in die sektor vir swart ekonomiese bemagtiging gee, hoewel Viking sekerlik appèl sal aanteken,” sê Anthony Clark, ’n markontleder in dié sektor.
Viking het intussen gesê hy neem kennis van die uitspraak en sal aanhou om met die departement oor die vraagstuk in gesprek te tree. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie