Stolen Moments herontdek dansvenues

Elvira Hattingh
Die publiek word gevra om Stolen Moments te kontak met inligting oor die dansvenues waarvan hulle in van die 1950’s tot die 1980’s gebruik gemaak het en wat intussen van die plekke geword het.
Die geskiedenis van Namibiese popmusiek is ’n gebied wat nog nooit vantevore nagevors is nie en geen aangetekende rekords van dié kulture erfenis bestaan nie.
Stolen Moments - Namibian Music History Untold is ’n nasionale “skattejag” vir dié bykans vergete musiekkultuur. Om te keer dat die kulturele rykdom verdwyn, doen hulle ’n beroep op Namibiërs om die verlore herinneringe van die 1950’s tot die laat 1980’s te deel.
Stolen Moments het met die inisiatief begin nadat hulle gevind het baie mense, met wie hulle tydens hul navorsing in aanraking gekom het, dink met heimwee terug aan die dansplekke en danse van die verlede.

Dae van danssale
Cybill Bowker- en Gloria-saal, die Star Hotel, die Balcony-klub en die treinstasie was van die gewildste Namibiese dansplekke.
Verskeie hotelle, biersale, agterkamers, plakkershutte en sjebeens, geïmproviseerde konsertsale en verdoeselde dansklubs het ook as dansplekke gedien.
Vandag is min van hierdie venues oor – dit het vervalle geraak, is platgeslaan om plek vir parkering of begraafplase, winkels of vulstasies te maak. Die herinneringe bestaan egter steeds.
Stolen Moments wil die historiese venues “herbou” en in die geskiedenis aanteken. Hulle doen daarom ’n beroep op mense oor die hele land om hulle te kontak met inligting of foto’s of enige ander materiaal oor waar hulle saans gaan dans het. Die doel is om ’n tipe kaart saam te stel van historiese dansplekke oral oor Namibië.
Dance Hall Days is ’n fotoprojek wat hierdie plekke herdenk en weer besoek daaraan bring om te sien hoe dit vandag lyk.
Die voormalige musikant en baie bekende fotograaf Tony Figueira tel ook onder die Namibiërs wat van die dansvenues goed ken. Hy het ingestem om aan die projek deel te neem en sal moontlik kragte met fotograaf Stephan Zaubitzer saamsnoer om dié historiese venues aan te teken.

Figueira oor
Dance Hall Days
“Vir my is dit ’n terugblik op my herinneringe. Ek het baie van die plekke wat ek daagliks besoek het, al bykans vergeet,” sê Figueira.
“Ek het in die verlede verskeie groot musiekkonserte aangebied. ’n Mens vergeet van die dinge en ek dink dit is net reg dat ons hierdie plekke ­identifiseer en ook meld wie ­daarnatoe gegaan het. Ek dink dit is tyd om ons popkultuur as deel van ons groter kultuur te vertroetel, veral in ’n land met ’n geskiedenis soos ons s’n.”
Hy sê hy hou van die projek omdat die jonger geslag Namibiërs nie ’n idee oor die geskiedenis het van sommige geboue en gebiede wat hulle daagliks besoek nie.
“Jy staan moontlik in ’n winkel, maar dit was dalk waar jou ouma en oupa die nagte omgedans het! Ek is werklik nuuskierig om te sien watter van die ou dansvenues steeds bestaan en hoeveel van die plekke ons met ons projek sal kan identifiseer.”
Belangstellendes kan vir Stolen Moments by 081 400 4412 of [email protected] kontak of hul Facebook-blad ­(Stolen-Moments-Namibia) besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!