Stolen Moments laat danskultuur herleef
Ouer mense wat nog onthou hoe om te “boymasaka”, “froggy froggy”, langarm, wals en “twist” word versoek om deel van Stolen Moments se Dance me this!-projek te word, sodat die danse opgeteken en vir die nageslag bewaar kan word.
Die geskiedenis van Namibiese popmusiek is ’n gebied wat nog nooit vantevore nagevors is nie. Stolen Moments - Namibian Music History Untold is ’n nasionale “skattejag” vir dié bykans vergete musiekkultuur.
Om te verhoed dat dié geskiedenis verlore raak, doen Stolen Moments ’n beroep op Namibiërs om hul herinneringe hieroor te deel.
Min Namibiese danse, waaronder “boymasaka”, “arikutembo”, “froggy froggy”, langarm, wals, “twist”, “jive”, en “Bop”, is aan jonger geslagte oorgedra. Stolen Moments wil hierdie danssoorte opteken voordat die ouer geslag sterf wat kennis hieroor het.
Dance me this! is ’n heropbouing van die gewilde Namibiese danse van die geskiedenis. Tulimelila (Tuli) Shityuwete en Haymich Olivier, tesame met hul ensemble van die First Rain-dansteater sal op instruksies van dié ouer mense dans en die geskiedkundige danse aanleer. As die publiek steeds onthou hoe omenige van die danse te doen, moet hulle met Stolen Moments in verbinding tree.
Dance me this! – ’n Namibiese dansles
Danser Tuli sê sy was dadelik geïnspireer toe Stolen Moments haar met die idee genader het.
“Dit is ’n wonderlike, innoverende en belangrike projek wat ons sal help om verdwynende kennis oor danse en musiek van ouer mense oor te dra, sodat ons ons musiek en danskultuur kan koester. Ek hoop mense sal hul kennis met ons deel.”
Haymich sê hulle gaan begin deur met mense in verbinding te tree en met hulle oor die danse te gesels. Die hoop is om uit te vind oor hoeveel tipes dans vanaf 1950 tot 1980 bestaan het, waarvan hulle dalk nie weet nie.
“Ons weet Namibiërs was baie kreatief en het hul eie dansstyle en –bewegings geskep en dit is wat ons interessant vind.
“Sodra ons mense gekry het wat hul kennis oor die danse met ons wil deel, sal ons die danse heropbou. Ons gaan ons liggame letterlik ‘uitleen’ aan diegene wat te oud is om te dans soos wat hulle lank gelede gedoen het,” sê Haymich.
“Dit is ’n proses van deel en kennis oor te dra.
“Ons is gereed daarvoor dat mense daar buite vir ons moet sê hoe ons moet beweeg.”
Tuli sê die langtermyndoel is om die danse in veilige bewaring “op te neem” en moontlik ’n musiekkonsert aan te bied wat die danse van die verlede vier.
“Nou moet ons egter eers vasstel wat daar buite vir ons wag!”
Belangstellendes wat graag met die projek wil help, kan Stolen Moments op Facebook vind, ’n e-pos na [email protected] stuur of 081 400 4412 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie